# Krieket: Die voormalige Australiese toetskaptein en afrigter, Bob Simpson, is op 89 oorlede. Hy word beskou as een van die invloedrykste figure in die geskiedenis van Australiese krieket. Simpson het tussen 1957 en 1978 in 62 toetswedstryde gespeel en 71 paaltjies geneem. Hy het in 1968 afgetree na ‘n loopbaan van 11 jaar, maar […]
# Vyf mense is vanoggend dood in ‘n motorongeluk op die pad tussen Dokodweni en Amatikulu langs die N2 in KwaZulu-Natal. ‘n Ligte motorvoertuig het met ‘n vragmotor gebots. Die woordvoerder van die Provinsiale Departement van Vervoer, Ndabezinhle Sibiya, sê gedurende die eerste week van hierdie maand is meer as 30 mense op paaie dood:
# ActionSA Tshwane het die suksesvolle afsluiting van die sogenaamde Luistertoer-besoek deur sy Gautengse provinsiale wetgewerskoukus aan die Mamelodi Hostel verwelkom. Die besoek het deel gevorm van die party se verbintenis om die stemme van hostelbewoners in die wetgewer te hoor. Derick Mahlangu van ActionSA sê kwessies wat inwoners geopper het, sluit in elektrisiteit- en […]
# Die vakbondfederasie, Saftu sê die Marikana-slagting was nie ‘n tragiese ongeluk nie, maar ‘n voorbedagte daad van staatsgeweld om kapitaal te beskerm. Vandag is dit 13 jaar sedert die polisie 34 stakende mynwerkers in Marikana, Noordwes, doodgeskiet het. Nog tien mense, insluitend polisie- en veiligheidsbeamptes, is in die weke voor die slagting dood. Asive […]
# President Donald Trump se administrasie bespreek na bewering ‘n beperking op die toelating van ongeveer 40-duisend vlugtelinge vir die komende jaar. Sowat 30-duisend plekke sal aan wit Afrikaner-Suid-Afrikaners toegeken word. Trump hou vol dat Afrikaners onderhewig is aan rassediskriminasie en geweld. Die eerste groep van 59 Suid-Afrikaners het in Mei in Amerika aangekom, met […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys het gisteraand die provinsie se toponderwysers by die 2025 Wes-Kaapse Provinsiale Onderwystoekennings vereer. Daar was 15 wenners, insluitend Charissa Shay-Sithole van Apex High School, wat die toekenning vir Uitnemendheid in Wiskunde-onderrig ontvang het. Die Nasionale Beste Onderwyser-toekenning is aan Wedaad Esau van die Bridgeville Primary School toegeken. LUR David […]
# Eskom sê die kragstelsel is steeds bestendig, wat dit in staat stel om effektief aan die winter-elektrisiteitsvraag te voldoen. Daar is aan meer as 97-persent van die elektrisiteitsaanvraag gedurende die winterseisoen en tot dusver in die finansiële jaar voldoen. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê wanneer stelselbeperkings wel ontstaan, word dit bestuur deur die […]
# Die adjunkminister van Finansies, Ashor Sarupen, sê beleidshervormings is noodsaaklik gegewe hul kritieke rol in die ontsluiting van ekonomiese geleenthede en die verbetering van dienslewering. Business Leadership South Africa het die Reform Tracker bekendgestel. Dis ‘n innoverende aanlyn platform wat ontwerp is om die vordering van belangrike regeringshervormings te monitor en te meet. Die […]