# Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, sê Eskom is hard aan die werk om krag in verskeie gebiede regoor die provinsie te herstel nadat swaar sneeu en sterk wind onderbrekings veroorsaak het. Ses gebiede is geraak, waarvan die Ugu-distrik die ergste geraak is. Volgens Buthelezi het sterk wind […]
# Sokker: Borussia Dortmund het Sunderland se 19-jarige Engelse middelveldspeler, Jobe Bellingham, tot 2030 gekontrakteer – vyf jaar nadat sy ouer broer, Jude, by die klub aangesluit het. Dortmund het volgens berigte ‘n bedrag van ongeveer 667-miljoen-rand betaal om sy dienste te verseker, die grootste voorbetaling wat die klub nog ooit vir ‘n speler betaal […]
# Uber gaan volgende jaar selfbestuur-taxi’s in Londen bekendstel wanneer Engeland nuwe bestuurderlose dienste toets. Tydens die Uber-toetsprojek sal dienste aanvanklik ‘n lewendige mens in die bestuurdersitplek hê wat in ‘n noodgeval beheer oor die voertuig kan neem, maar die toetsee sal uiteindelik bestuurders uitskakel. Die aankondiging deur die regering sal maatskappye soos Uber, vir […]
# Die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister doen ‘n dringende beroep op jong mans tussen 16- en 35-jaar oud om as stamselskenkers te registreer en waarsku te min skenkers veroorsaak lewensverlies. Junie is Jeugmaand en die register verskerp nou sy werwingsveldtogte by skole en universiteite. Die register se adjunkdirekteur, Jane Ward, sê stamselle van jong manlike skenkers lewer […]
# Sokker: Amptenare van Amerikaanse gasheerstede vir volgende jaar se Wêreldbeker het die versekering gegee dat oorsese toeskouers nie bekommer hoef te wees oor visums, grensbeheer of openbare geweld nie. Die toernooi, wat deur die VSA, Kanada en Mexiko aangebied word, begin oor ‘n jaar. Die Amerikaanse organiseerders sê president Donald Trump se administrasie bly […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die afgelope week 13-duisend-915 verdagtes in hegtenis geneem tydens landswye Operasie Shanela-klopjagte. Daar is onder andere 190 verdagtes in hegtenis geneem vir verkragting, met 89 in KwaZulu-Natal. Die polisie het ook op 82 gesteelde voertuie en 99 onwettige vuurwapens beslag gelê. ‘n Taakspan in Emanguzi in KZN het 19 gesteelde […]
# ‘n Konvooi met honderde pro-Palestynse aktiviste het Tunisië se grens met Libië oorgesteek om ooswaarts te beweeg totdat hulle deur Israel se versperring van die Palestynse gebied kan breek. Dit volg nadat Israel ‘n skip met 12 mense, insluitend die aktivis Greta Thunberg en die Frans-Palestynse lid van die Europese Parlement, Rima Hassan, onderskep […]
# Rugby: Die losskakel Jacob Umaga, wat in 2021 ‘n enkele toets vir Engeland gespeel het, kan moontlik sy buiging vir sy familie se geboorteland, Samoa, maak. Hy is die broerskind van die legendariese All Black Tana Umaga, terwyl sy pa, Mike, 13 toetse vir Samoa gespeel het. Die 26-jarige Jacob is in Engeland gebore […]