# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het bevestig die bestuurder van ‘n skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is, is onder die nege liggame wat vandag in die Dikolini-rivier in Mthatha gevind is. Die bevestigde getal sterftes uit die tragedie staan tans op vier. Die liggame van ‘n kleuter en ‘n beampte is ook gevind. Vyf […]
# Afrika se eerste Life Pod-eenheid is by Tygerberg-hospitaal bekendgestel om orgaanlewensvatbaarheid vir oorplantings te behou. Die fasiliteit, wat deur studente van die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is, sal Suid-Afrika se lae orgaanskenkingsyfer van slegs 0,6-persent verbeter. Dit sal sorg bied vir breindooie skenkers buite intensiewe sorgeenhede en sal organe stabiel en gesond hou totdat dit […]
# Die GOOD-party sê hy verdedig die reg van elke kind om veilig, vrylik en met menswaardigheid te speel. Die party sê vandag se Internasionale Dag van Speel is ‘n belangrike mylpaal in pogings om speel te bewaar, te bevorder en te prioritiseer sodat alle mense, veral kinders, die vrugte daarvan kan pluk en tot […]
# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, sê stappe word gedoen teen aanklaers wat die staat se sake ondermyn. Dit volg nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, haar opmerking dat die Nasionale Vervolgingsgesag deur korrupte amptenare binnegedring is, teruggetrek het. ActionSA vra dat Batohi uit die kussings gelig word oor staatskaping-mislukkings, insluitend […]
# Krieket: Australië kolf eerste nadat die Proteas se kaptein, Temba Bavuma, die loot gewen het in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap wat op Lord’s in Londen gespeel word. Bavuma sê die kolfoppervlak lyk goed, maar weerstoestande bepaal dat hulle eerste boul in die ontmoeting wat hy verwag ‘n skouspel sal wees. Australië, met ‘n […]
# Die DA waarsku drie-duisend-563 pasiënte in Gautengse openbare hospitale wag op Magnetiese Resonansiebeelding-skanderings. Die masjiene word dringend benodig om gewasse en beserings te diagnoseer. Die grootste agterstand is by die Charlotte Maxeke-hospitaal met twee-duisend-347 pasiënte wat tot 12 maande moet wag weens stukkende masjiene. Slegs agt MRI-masjiene is beskikbaar vir meer as 12-miljoen mense, […]
# Sokker: Suid-Afrika is deur na die halfeindronde van die COSAFA-bekerkompetisie na gister se doellose wedstryd teen Mauritius in Bloemfontein. Vela Khumalo se span is nou voor in Groep A, na Zimbabwe se oorwinning van 3-1 oor Mosambiek. Suid-Afrika sal in die halfeindronde teen die wenner van Groep D te staan kom. Khumalo erken sy […]