# Die GOOD-party sê die nasionale regering se versuim om wetstoepassingsmagte behoorlik te reguleer ingevolge Artikel 334 van die Strafprosesreg, het ‘n vakuum geskep. Dit volg ná die Gautengse regering se besluit om die misdaadvoorkomings-eenheid te ontbind. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die party meen die DA is oneerlik en wil bloot politieke munt […]
# Die munisipaliteit van George in die Wes-Kaap bied gratis permitte aan die gasvryheidsbedryf met bykomende vloerruimte vir hul tafels ter voorbereiding vir die vakansieseisoen. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Ntobeko Mangqwengqwe, sê hulle beoog om ondernemings in die gasvryheidsbedryf te help herstel en van die warmer weer gebruik te maak en ‘n feestelike atmosfeer […]
# Die globale versekeringsmaatskappy, Coface, sê sonder diep en volgehoue hervormings sal Suid-Afrika se groeimoontlikhede altyd beperk bly. Hy voorspel in 2025 ʼn groeikoers van 0,8-persent en 1,3-persent in 2026. Coface se ekonoom vir Afrika, Aroni Chaudhuri, sê Suid-Afrika word gekniehalter deur twee groot strukturele beperkings: die mislukking van die energiestelsel en diep verwringing in […]
# Die saak van die verdagte wat verbind word met die skietery vroeër vandeesmaand in die taverne in Zithobeni, Bronkhorstspruit, is tot volgende maand uitgestel vir ‘n formele borgtogverhoor. Hy het gister in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn. Vyf mense is dood en ses is gewond tydens die skietvoorval by die taverne. Die woordvoerder van […]
# Die Stad Kaapstad sê die oprigting van twee nuwe MyCiTi-busdepots op die hoek van Spinestraat en Mew Way tussen Khayelitsha en Mitchells Plain, is voltooi. Elke depot het aanvanklik plek vir 145 busse. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die MyCiTi-busdiens se uitbreiding is een van die hoekstene van die metro se infratruktuurbeleggings wat 40-mijard-rand […]
# Masslift Africa het 208-duisend-rand aan die Nelson Mandela-kinderhospitaal in Johannesburg geskenk om die volgende geslag op te hef en te bemagtig. Dit is een van die enigste toegewese pediatriese geriewe in Suider-Afrika. Masslift Africa se uitvoerende hoof, Marco Caverni, sê die hospitaal is ‘n simbool van hoop en deernis, en dis ’n voorreg om […]
# Die Vryheidsfront Plus het die Departement van Water en Sanitasie van die Ekurhuleni-munsipaliteit kritiseer oor die stadige reaksie op die groot krisis met rioolbesoedeling in die Boksburgmeer. Die metro het eers van die krisis bewus geword toe die party dit op 9 Oktober aan die lig gebring het. Denise Janse van Rensburg van die […]