# Cosatu het die opname van 498 werkers as permanente werknemers van die Sol Plaatjie-munisipaliteit in die Noord-Kaap verwelkom. Die werkers was voorheen op ‘n kontrakbasis vir tussen 10 en 15 jaar in diens. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê dit is ‘n oorwinning vir werkers, aangesien hulle nou vir die volle voordele in aanmerking […]
# Die GOOD-party se evaluering van die begroting toon dat Kapenaars moontlik byna tien-persent ekstra op hul maandelikse rekeninge aan die Stad Kaapstad sal moet betaal. Die metro se begroting word volgende Donderdag tydens ‘n sitting van die raad voorgelê. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die tyd vir openbare kommentaar op die begroting het […]
# Operasie Shanela in Ekangala en Bronkhorstspruit, Tshwane, het die naweek gelei tot die inhegtenisneming van 289 verdagtes. Hulle oortredings sluit in poging tot moord, verkragting, ontvoering en intimidasie. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 15 onwettige immigrante is by ʼn padblokkade in Ekangala vasgetrek:
# As deel van die verskerpte straatligveldtog het die Stad Kaapstad se energiespanne tussen 26 Maart en 25 April vanjaar meer as 10-duisend straatligte reggemaak. Die veldtog is verlede jaar bekendgestel. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê vandalisme, diefstal en onwettige verbindings reg oor die metro beïnvloed hersteltyd omdat beskadigde infrastruktuur dikwels heeltemal vervang […]
# Die Suid-Afrikaanse Grammy-bekroonde sanger Tyla word vanjaar die eerste Afrikaan wat die Nickelodeon Kids’ Choice-toekennings aanbied. Die 23-jarige Tyla wie se regte naam Laura Seethal is, is benoem as gunsteling musiekster wêreldwyd en gunsteling-medemusikant vir Show Me Love saam met WizTheMc en Bees and Honey. Ariana Grande, Lady Gaga, Kendrick Lamar en Selena Gomez […]
# Die GOOD-party het President Cyril Ramaphosa gevra om sy ministers van Polisie en Justisie aan te sê om die regskoste van voormalige staatsagente te dek, wat as beskuldigdes of sleutelgetuies in apartheidsake verskyn. Die gewese hoof van die polisie se teeninsurgensie-eenheid, Eugene de Kock, het die hof verlede week genader. GOOD se sekretaris-generaal, Brett […]
# ActionSA in Johannesburg het die afbreek van onwettige strukture en die sluiting van ongereguleerde skrootwerwe in Wyk 97 in Roodepoort verwelkom. Dit volg nadat inwoners gekla het oor verdagte aktiwiteite soos die oprigting van ʼn ongemagtigde vraghouer en die bedryf van onwettige skrootwerwe waarvan een met kabeldiefstal verbind word. ActionSA-woordvoerder Elmari Atterbury sê die stad se […]
# Die Stad Tshwane verwelkom die Vergenoeg-mynmaatskappy se skoolskoenveldtog. Die maatskappy het onlangs meer as 100 pare skoolskoene geskenk aan leerders van die Hosea Kekana High School in Hammanskraal. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê baie kinders in Suid-Afrika het nog nooit ʼn paar skoolskoene besit nie: