# Soccer: Real Madrid het ‘n sesjaarkontrak met die tiener-spelmaker Franco Mastantuono van River Plate gesluit. Volgens die Spaanse media sal die 17-jarige aanvallende middelveldspeler Madrid 933-miljoen-rand kos, terwyl Argentynse berigte spekuleer dat die bedrag selfs 1,2-miljard-rand kan beloop. Mastantuono sal hierdie somer nog vir River Plate in die Klubwêreldbeker in Amerika speel voordat hy […]
# Die DA dring aan op dringende hervorming na onthullings oor die operasionele krisis in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Chris Hattingh van die DA sê vlootvoertuie lê in die dokke, Lugmagvliegtuie mag nie vlieg nie, en kusbewaking is op die rand van ineenstorting. Hattingh waarsku hierdie krisis is die gevolg van jare se verwaarlosing en […]
# Die NVG se aansoek om verlof tot appèl is van die hand gewys, nadat die Hooggeregshof in die Vrystaat beslis het Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, se uitlewering uit die VSA is onregmatig. Regter Phillip Loubser het bevind die uitleweringsproses was gebrekkig en buite die hof se jurisdiksie. Die NVG wil […]
# Europese Unie-lande het ‘n een-jaar-verlenging van die tydelike beskerming wat aan Oekraïense vlugtelinge vanuit Rusland gebied word, goedgekeur, wat hulle toelaat om tot Maart 2027 aan te bly. Bykans 4,3-miljoen Oekraïners is as vlugtelinge geregistreer in die Europese Unie, met Duitsland, Pole en die Tsjeggiese Republiek wat die grootste gemeenskappe huisves. Die 27-nasie-blok het […]
# Die sterftesyfer in die Oos-Kaapse vloede het tot 79 gestyg nadat reddingspanne die liggaam van ‘n jong meisie naby die Efatarivier in Mthatha gevind het. Meer as ‘n duisend mense is steeds haweloos. Die LUR vir Gesondheid, Ntandokazi Capa, sê lykskouings is op 70 slagoffers uitgevoer, met 30 liggame wat reeds aan naasbestaandes oorhandig […]
# Hindoe-tempels regoor noordwes-Londen hou gebedsdienste vir slagoffers van die Air India-lugramp in Ahmedabad, gelei deur die geestelike leier, Shri Rajrajeshwar Guruji. Die vlug, wat na Londen onderweg was, het kort na opstyging neergestort en minstens 241 mense is dood. ‘n Britse man, Vishwashkumar Ramesh, wat in sitplek 11A was, is die enigste oorlewende. Die […]
# President Cyril Ramaphosa sê die dodelike vloede in die Oos-Kaap is ‘n duidelike teken van die groeiende uitwerking wat klimaatsverandering. Hy het tydens sy besoek aan Mthatha gesê vloede is ongewoon in die winter en is ‘n teken van hoe klimaatsverandering weerpatrone ontwrig. Ramaphosa waarsku gure weer is nou ‘n werklikheid in die provinsie […]