# Die Stad Tshwane sê die voortslepende wateronderbrekings wat Soshanguve en die omliggende gebiede raak, wat water ontvang van die Kruisfontein-reservoir, bly ‘n dringende prioriteit. Die ontwrigting is die gevolg van ‘n gebarste asbespyp wat noodsaaklik is vir die voorsiening van water aan ‘n groot deel van Soshanguve. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê […]
# Die etioloog en bewaringskundige, Jane Goodall, se sjimpansee-bewaringsprojek in Tanzanië ondervind ‘n groot finansiële terugslag nadat die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling sy beloofde befondsing van 548-miljoen-rand onttrek het. Die Hoop deur Aksie-projek is in 2023 gestig om bedreigde sjimpansees te beskerm deur die aanplanting van woude en gemeenskapsgeleide metodiek. Die algehele sjimpansee-bevolking het […]
# Suid-Afrikaanse boere verdien miljoene deur klimaatsvriendelike praktyke deur handel in koolstofkrediete. ‘n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans vyf-miljoen-rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. AgriCarbon se uitvoerende hoof, Herman Oelsner, sê die inisiatief help boere om klimaatsverandering te pak terwyl hulle […]
# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya sê die metro skep platforms vir jong mense om deel te neem aan besluitneming. Sy het haar boodskap op Jeugdag gelewer. Moya sê die metro erken die jeug se geweldige potensiaal en energie wat lei tot die bevordering van verandering in sektore soos tegnologie en die kunste. Die burgemeester […]
# Die Stad Kaapstad se Energie-direktoraat sê hy is besig met ‘n omvattende opknapping van die metro se kragnetwerk. Dit is deel van die stad se belegging van vier-miljard-rand in die energie-infrastruktuur oor die volgende drie jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê dié belegging is noodsaaklik om die netwerk te versterk en infrastruktuur […]
# Die jongste ronde internasionale klimaatsamesprekings vir die COP30-klimaatberaad in November het gister in Bonn, Duitsland, begin. Belangrike kwessies op die agenda sluit in die Globale Doel oor Aanvaarding, klimaatsfinansiering vir ontwikkelende lande, billike oordrag, deursigtigheidsraamwerke en tegnologiese oordrag. Regerings werk aan bloudrukke wat vier jaar gelede opgestel is om teen die einde van die […]
# Cosatu sê al het werkloosheid onder gegradueerdes toegeneem, het Statistiek Suid-Afrika bevind mense met tersiêre opleiding vaar beter in die arbeidsmag as dié met matriek of minder opleiding. Werkloosheid onder gegradueerdes het in die eerste kwartaal vanjaar van 8,7-persent in dieselfde tydperk verlede jaar toegeneem tot 11,7-persent. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê dis belangrik dat […]