# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het gister se betogings veroordeel en sê dit versterk Hamas se posisie en belemmer die gyselaars se vrylating. Duisende Israeli’s het aan landwye betogings deelgeneem met die grootste skare in Tel Aviv se Gyselaarplein. Hulle vra ʼn einde aan die Gaza-oorlog en ʼn ooreenkoms dat Hamas die res […]
# Motorsport: Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Márquez, het die Oostenrykse Grand Prix gewen in sy eerste oorwinning in die Red Bull Ring. Die Ducati-ryer het die voorloper Marco Bezzecchi in die 20ste ronde verbygesteek en sy sesde agtereenvolgende sege van die seisoen behaal. Die nuweling Fermin Aldeguer is tweede en Bezzecchi derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het bepaal dat die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat nie in 2023/2024 en 2024/2025 fondse van die Uitgebreide-openbarewerkeprogram verkwis het nie. Dit volg ná ʼn ondersoek na bewerings dat die program in die munisipaliteit gebruik is om salarisse van gewese raadslede en sittende politieke amptenare te […]
# Europese leiers sluit vandag in die Withuis by Oekraïne se president Volodymyr Zelensky aan vir ʼn ontmoeting met president Donald Trump. Die leiers sluit die Franse president Emmanuel Macron, Britse eerste minister Keir Starmer, en president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, in. Die onderhandelinge sal onder meer veiligheidwaarborge, gebiedskwessies en voortgesette […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Herman Loubser het sy tweede Sonskyntoer-titel opgeraap toe hy die Origins of Golf in die Vrystaat gewen het. Hy het sy landgenoot, Yurav Premlall, op die eerste putjie van ʼn uitspeelronde geklop. Die twee was gelykop met agt onder baansyfer na hulle onderskeie finale rondes van 69 en 72. Die Suid-Afrikaners […]
# ʼn Sesjarige graad R-leerder van Letsatsing Primary Mine School in Carletonville is Vrydag in ʼn fratsongeluk dood. Die leerder het volgens berigte ernstige beserings opgedoen terwyl sy op ʼn skoolbus geklim het om skool toe te gaan. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die kind is na die Carletonville Hospitaal gehaas vir mediese […]
# Die Mayibuye Afrika-beweging se nasionale sameroeper, Floyd Shivambu, sê die uitslag van die algemene verkiesing in 2024 het bewys politieke partye slaag nie daarin om die meerderheid se harte te wen nie. Die beweging se raadplegingsproses oor die moontlike stigting van ʼn nuwe politieke party, is Sondag in KwaZulu-Natal afgehandel. Shivambo, die MK-party se […]
# Die Boland Kavaliers het ‘n rustyd-agterstand van 12-7 ingehaal om ‘n bonuspuntoorwinning van 28-20 oor die Bulle te behaal in hul Curriebekerwedstryd in Wellington. Die gashere het die besoekers met vier drieë teenoor drie oortref, terwyl ses geel kaarte in die wedstryd uitgedeel is. Hierdie oorwinning verseker dat Boland sy plek in die top-vier […]