# Die Vryheidsfront Plus het die Departement van Binnelandse Sake se uitbreiding van sy digitale bankvennootskappe verwelkom. Bykomende finansiële instellings sal nou help om identiteitsdokumente en paspoorte uit te reik. Sowat 840 takke van Capitec, FNB, Absa, Discovery en Standard Bank is by hierdie projek betrokke. ʼn VF Plus-woordvoerder, Philip van Staden, sê hierdie inisiatief […]
# Die Gautengse provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee vir Gemeenskapsveiligheid gaan vandag by die Eldoradopark-gemeenskap en verskeie burgerregte-organisasies by die Protea-landdroshof aansluit. Twee ouers wat beskuldig word van aanklagte wat verband hou met die mishandeling, verkragting en moord op hul vierjarige kind, gaan hier om borgtog aansoek doen. Die Staat het verlede week nog drie klagtes […]
# Gholf: Die wêreld se nommer-een speler, Scottie Scheffler, het ‘n vier houe agterstand in vyf putjies uitgevee en die BMW Kampioenskap in Baltimore, Maryland gewen. Dis sy 18de PGA Toernooi-titel. Die Amerikaner het afgesluit met ‘n drie onder baansyfer 67 vir ‘n oorwinning van twee houe oor die Skot Robert MacIntyre en is nou […]
# Die vakbond Numsa sê die ANC is ʼn kapitalistiese staat wat die eiendom en wins van die oorheersende minderheid beskerm. Die vakbond sê die Marikana-slagting sou nooit plaasgevind het as die ANC-regering verbind was om die land se ekonomie tot voordeel van die werkersklas te hervorm nie. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê slegs ʼn sosialistiese […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 18 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Departement van Minerale en Petroleumbronne sê ‘n onlangse Wes-Kaapse hofuitspraak wat die regering se magtiging vir boorwerk in die see by Mosselbaai deur TotalEnergies tersyde stel, benadeel Suid-Afrika se mededingendheid. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens oor die […]
# Die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, ontken die Daily Maverick-joernalis, Pieter-Louis Myburgh, se bewerings van omkopery. Sy en die trust se woordvoerder, Phasha Makgolane, is op kamera betrap waar hulle die joernalis omkoopgeld van 60-duisend-rand aanbied om die ondersoek na Malaka te staak. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, […]