# Krieket: Die Proteas keer terug na die toneel van hulle onlangse triomf in die Wêreldtoetskampioenskap wanneer hulle vandag op Lord’s teen Engeland speel in die tweede eendagwedstryd. Suid-Afrika kan die reeks van drie kragmetings vandag beklink na Dinsdag se oortuigende oorwinning op Headingley. Keshav Maharaj en Wiaan Mulder het die gasheer help uitboender vir […]
# Fietsry: Die viermalige Tour de France-kampioen, Chris Froome, sal nie gou weer op ‘n fiets kan klim nie. Hy het verlede week veelvuldige beserings opgedoen gedurende ‘n oefenrit in Frankryk en is na ‘n hospitaal in Toulon gevlieg. Die omvang van sy beserings is nou eers duidelik. Froome se vrou, Michelle, het aan die […]
# Die Gautengse regering het die bekendstelling verwelkom van ‘n toegewese taakspan vir politieke moorde wat deur die asionale polisiekommissaris Fanni Masemola aangekondig is. Die spesialis-eenheid, wat binne die volgende maand met sy werk gaan begin, sal hoëprofiel- en polities-sensitiewe sake ondersoek om geweldpleging in die provinsie te voorkom. Premier Panyaza Lesufi sê beplanning is […]
# AfriForum se privaat ondersoekeenheid onder leiding van Gerrie Nel het ‘n dossier aan Amerikaanse owerhede oorhandig waarin gevra word vir sanksies teen die leier van die EFF, Julius Malema, ingevolge die Globale Magnitsky-wet. Die wetgewing, wat in 2016 aanvaar is, stel regerings in staat om sanksies te aanvaar teen buitelanders en instellings vir ernstige […]
# Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, hoop om vandag met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, te praat en aan te dring op nuwe sanksies teen Rusland oor die inval in sy land. Hy het met die media gepraat tydens sy besoek aan die Deense hoofstad, Kopenhagen, om bykomende steun vir Kiëf deur Nordiese en Baltiese […]
# Die Gautengse regering verskerp sy pogings om onwettige grondbesettings te keer nadat meer as 400 nuwe informele nedersettings regoor die provinsie ontstaan het. Die regering sal sy vennootskappe met munisipaliteite versterk om behuising en grondgebruikreëls toe te pas, terwyl die ontwikkeling van wettige nedersettings verseker word. Premier Panyaza Lesufi het onderneem om weeklikse besoeke […]
# ActionSA sê sy voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Parlementêre en Provinsiale Mediese Fondse sal die vryheid van keuse vir politici herstel en verseker dat hulle dieselfde realiteite as burgers ervaar, insluitend afhanklikheid van openbare gesondheidsorg. Die party beplan om die wetsontwerp in die Parlement ter tafel te lê om die verpligte lidmaatskap van die eksklusiewe mediese […]
# Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het Section27, wat die Treatment Action Campaign verteenwoordig, en Sonke Gender Justice as vriende van die hof erken in ‘n mylpaalsaak wat die kriminalisering van sekswerk in Suid-Afrika sal uitdaag. Die hoofverhoor sal van 18 tot 20 Mei volgende jaar in Kaapstad plaasvind. Khuselwa Dyantyi van Section27 sê die […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se regsverteenwoordiger het beskuldigings verwerp dat die kommissaris in die saak teen sy adjunk, Shadrack Sibiya, as regter, jurie, en laksman optree. Stefan Coetzee het in die Hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat ‘n onpartydige arbiter aangestel is om die saak te behartig. Hy sê aannames dat Masemola die proses […]