# Krieket: Die Protea-kolwer Tony de Zorzi is weens ‘n besering uitgesluit van die res van die eendagreeks teen Engeland. Hy het die besering Dinsdag opgedoen terwyl hy veldwerk gedoen het in die eerste wedstryd op Headingley, wat Suid-Afrika gewen het. Geen plaasvervanger is aangewys nie. Matthew Breetzke het intussen van sy linker-dyspierbesering herstel en […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê die goedkeuring van die Nasionale Gesondheidversekeringswet wat verlede jaar in Mei goedgekeur is, was oorhaastig. Die provinsiale regering het beswaar by die Konstitusionele Hof ingedien om die wettigheid van die NGV teen te staan. Memory Booysen van die DA sê die provinsiale regering verdedig die konstitusionele regte van […]
# ‘n Vermeende ontvoeringsbaasbrein is gisteraand in ‘n skietery met die polisie en ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy op die R-21 in Kemptonpark, Gauteng, doodgeskiet. Dit volg op die redding van die ontvoerde sakeman van Benoni, Mohammed Bashir Ahmed Seedat. Die 42-jarige is op 23 Julie deur gewapende mans uit sy sakeonderneming, Rynfield Drapers and Outfitters, ontvoer […]
# Die regering het bevestig dat strafregtelike stappe volgende week begin teen vyf verdagtes in verband met die Jagersfontein-slykdamramp in die Vrystaat in 2022. Drie mense is dood toe die damwal gebreek het. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die vyf verdagtes, wat in diens is van ‘n ingenieursmaatskappy, […]
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê hy het ‘n gedetailleerde voorlegging ingedien teen die voorgestelde regulasies vir die uitvoer van lewende diere per see. Die Departement van Landbou het die regulasies in Julie vir openbare kommentaar gepubliseer. Nazareth Appalsamy van die DBV sê daar is geen verpligte embargo in die regulasies op uitvoere na […]
# Die Congress of the People sê die volgehoue bloedbad oor werkgeleenthede in die land is die ANC se skuld. ArcellorMittal SA gaan aan die einde van September sluit met ‘n gevolglike drie-duisend-500 werkverliese. Die Ford Motormaatskappy SA beplan ook 474 afleggings by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Die waarnemende nasionale voorsitter van COPE, […]
# Die DA in Gauteng sê leerders is steeds blootgestel weens die beweerde skokkende versuim om onderwysers en personeel by skole te keur. Dit volg na onderwysers betrek word by bewerings van seksuele misbruik en onbehoorlike gedrag wat leerders by die Bronkhorstspruit Primary School en Prinshof Skool vir Blindes en Visueel Gestremdes betrek. Sergio Isa […]
# Die Stad Tshwane sê hy is ingelig oor ‘n bedrogspul wat op sy klante gemik is, waarin bedrieërs boodskappe versprei deur ‘n vals domein te gebruik wat soos die metro se amptelike platforms lyk. Die bedrogspul doen valslik voor dat dit ‘n amptelike kommunikasie van die metro is en poog om niksvermoedende kliënte te […]