# Slagoffers van Jeffrey Epstein steun ‘n tweeledige voorstel om al die lêers oor die ontslape veroordeelde seksoortreder vry te stel. Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se Oorsigkomitee het Dinsdag 33-duisend bladsye en verskeie video’s oor hom openbaar gemaak. Die meeste van die lêers is egter reeds in die openbare domein. ‘n Slagoffer, Lisa Phillips, […]
# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus het Jesse Kriel aangewys as kaptein vir Saterdag se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Nieu-Seeland, met Siya Kolisi op nommer 8. Eben Etzebeth keer terug na die beginspan vir sy 136ste toets, met Ruan Nortjé sy slotmaat. Pieter-Steph du Toit is terug op flank. Die enigste verandering in die agterlyn is die heelagter […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Toerisme sê hulle win regsadvies in oor die ontbinding van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het haar besluit om die raad te ontbind, verdedig en onwettige gedrag, prosedurele oortredings en roekelose finansiële bestuur as gronde vir ingryping aangehaal. Die minister word egter beskuldig dat […]
# Die Stad Tshwane sê hy open vandag openbare swembaddens vir die lenteseisoen. Die swembaddens is in 2024 weens waterskaarste gesluit. Die metro het beplan om hulle reeds Maandag te heropen, maar weens ‘n vertraging met die aflewer van chloor, moes die tyd verskuif word. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landbou, Obakeng Ramabodu, sê […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se besluit verwelkom om die Plaaslike Regering se Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid onder administrasie te plaas. Dit volg op bewerings van sistemiese korrupsie, wanadministrasie en mislukkings in die bestuur van die entiteit. Claude Naicker van die vakbond sê werknemers het […]
# Krieket: Die Protea-kolwer Tony de Zorzi is weens ‘n besering uitgesluit van die res van die eendagreeks teen Engeland. Hy het die besering Dinsdag opgedoen terwyl hy veldwerk gedoen het in die eerste wedstryd op Headingley, wat Suid-Afrika gewen het. Geen plaasvervanger is aangewys nie. Matthew Breetzke het intussen van sy linker-dyspierbesering herstel en […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê die goedkeuring van die Nasionale Gesondheidversekeringswet wat verlede jaar in Mei goedgekeur is, was oorhaastig. Die provinsiale regering het beswaar by die Konstitusionele Hof ingedien om die wettigheid van die NGV teen te staan. Memory Booysen van die DA sê die provinsiale regering verdedig die konstitusionele regte van […]