# Die Nasionale Tesourie sê sy slimmeterprogram ter waarde van twee-miljard-rand kan help om Eskom se stygende munisipale skuld van meer as 100-miljard-rand te verminder. Verlede jaar is meer as 67-duisend slimmeters in agt munisipaliteite aangebring, met ‘n verdere 77-duisend-780 wat vanjaar in nog elf munisipaliteite ingestel sal word. Die Tesourie beoog om teen die […]
# Atletiek: Die Universiteit van die Vrystaat sê hy vier met trots die insluiting van verskeie Kovsies-atlete en -oudstudente in Suid-Afrika se span vir die Wêreldatletiekkampioenskap in Japan. Mthi Mthimkulu, wat tans aan die unversiteit studeer, verteenwoordig die Kovsie Atletiekklub, saam met Miné de Klerk en Wayde van Niekerk. Voormalige Kovsie-atlete Colette Uys en Victor […]
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat van Water en Sanitasie sê hy stel toelaagbefondsing aan gemeenskaporganisasies beskikbaar. Dis deel van sy poging om betekenisvolle vennootskappe in gemeenskappe te bou. Die Ummati Gemeenskapopheffingprojek is een van die organisasies wat hulp van die metro kry om die gehalte van watergange in gemeenskappe in Kaapstad te verbeter. Die […]
# FNB het agt toekennings by die Global Finance Best Digital Banks 2025-toekennings verower – een van die mees gerespekteerde toekennings in wêreldwye finansiële dienste. Die toekennings vier instellings wat die toekoms van bankwese bepaal deur innovasie, sekuriteit en klante-gesentreerde digitale transformasie. FNB se toekennings sluit in die beste digitale bank vir verbruikers en beste […]
# Die KwaZulu-Natalse Verkeersdepartement het bevestig die noordwaartse en die suidwaartse baan van die N3 naby Peace Valley in Pietermaritzburg is weer oopgestel vir verkeer. Die woordvoerder, Sindi Msimang, sê dit volg ná vanoggend se botsing tussen verskeie voertuie wat tot die sluiting in albei rigtings gelei het. Sy sê die ongeluk het plaasgevind toe […]
# Die Stad Kaapstad moedig inwoners aan om in September as deel van Boomplantmaand betrokke te raak by projekte soos ‘n program om ‘n boom aan te neem. Suid-Afrika se boom van die jaar, die melkhout, kom gedurende Boomplantmaand in die kollig. Die boom is bekend vir sy gehardheid, lang lewe en erfeniswaarde. Die burgemeesterskomiteelid […]
# Die Stellenbosse Sakeskool se 2024 Kleinsake Akademie-student van die jaar, Rucien Petersen, sê sy onderneming is besig om van krag tot krag te gaan. Hy het Spottmedia Limited tydens sy nagraadse navorsing in 2017 gestig. Petersen sê Spottmedia is begin om klein ondernemings te help om bemarkingsgapings te identifiseer en strategieë in te stel […]
# Die bekroonde Suid-Afrikaanse rolprent Carissa word nou landwyd in teaters vrygestel. Die prent, geregisseer deur Jason Jacobs en Devon Delmar, het verlede jaar sy wêreldpremière op die Venesiese Rolprentfees gehad. Dit vertel die verhaal van ‘n jong vrou, gespeel deur Gretchen Ramsden, en haar gemeenskap in die hartjie van die Sederberge in die Wes-Kaap. […]