# Minstens 29 mense is dood in die noordelike staat Niger in Nigerië toe ‘n boot met ongeveer 100 mense aan boord in ‘n rivier gesink het. ‘n Plaaslike amptenaar het egter aan Reuters gesê die dodetal het tot 60 gestyg. Amptenare sê die boot, wat glo oorlaai was, het ‘n boomstomp getref. Bootongelukke is […]
# Die ANC sê sy oorwinnings in tussenverkiesings in die Chris Hani-streek in die Oos-Kaap en die Sekhukhune-streek in Limpopo is bewys dat die hernuwingsprojek suksesvol is, ten spyte van kritici wat aanvoer dat die party besig is om agteruit te boer. Die party belowe om dienslewering te versnel, plaaslike regering te versterk, en om […]
# City Power het alle voorafbetaalde-meterinstallasies tydelik tot 1 November gestaak. Woordvoerder van die kragvoorsiener, Isaac Mangena, sê die onderbreking sal tyd toelaat vir ‘n deeglike hersiening van die oorskakelingsproses na bekommernisse oor rekeningverskille, kliënte wat nie krag koop nie, en tariefstrukture. ‘n Taakspan sal die finansiële en opersaionele impak ondersoek, met bevindings wat oor […]
# ‘n Nuwe Ipsos-peiling toon agt uit tien Suid-Afrikaners glo die land beweeg in die verkeerde rigting, ten spyte van aanvanklike optimisme nadat die regering van nasionale eenheid verlede jaar gevorm is. Twee-en-veertig-persent sê RNE-partye werk goed saam, maar bykans ses uit tien is ontevrede oor munisipale dienste, veral in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Meer […]
# Die VF Plus verwerp onvoorwaardelik die Tshwane-metro se voorstel om onreëlmatige uitgawes van die vierde kwartaal van 2024/25 ter waarde van 336-miljoen-rand, af te skryf. Die aard van die uitgawes word nie uiteengesit nie, verantwoordelike amptenare word nie uitgewys nie en dissiplinêre stappe word nie bevestig nie. Die VF Plus-lid, Mark Surgeon, sê slegs […]
# Die Thabo Mbeki-stigting bied hierdie week sy tweede Afrika Vrede en Sekuriteitsdialoog in Magaliesburg, Gauteng aan. Die organiseerders sê vertragings met visums van bykans helfte van die die een-honderd-75 genooide gaste kan bywoning ontwrig, maar die dialoog sal voortgaan. Die uitvoerende hoof van die stiging, Max Boqwana, het aan SABC News gesê die vier-dagforum […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare prys Operasie Shanela Twee vir die inhegtenisneming van 308 verdagtes in die Noord-Kaap en sy beslaglegging op vuurwapens, dwelms en onwettige kontant. Die vakbond se woordvoerder, Steve Ledibane, sê hulle onderneem om hul samewerking aan die polisie te gee om staatsamptenare te beskerm, dienste te beveilig en vertroue in provinsiale […]