# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê ‘n oorwinning oor die All Blacks in Auckland sal afhang van die span se geloof in homself op kritieke oomblikke. Jesse Kriel sal Suid-Afrika aanvoer in die Rugbykampioenskaptoets, met Eben Etzebeth en Willie le Roux, wat meer as honderd toetse op die kerfstok het, in die opdrafspan. Erasmus sê […]
# Die kommissie van ondersoek na die brand in die Usindiso-gebou sê Johannesburg se behuisingskrisis word veroorsaak deur armoede en te min bekostigbare behuising, nie net gekaapte geboue nie. Minstens 77 mense het in 2023 in die brand gesterf. Die kommissie, onder leiding van regter Sisi Khampepe, het 110 eiendomme ondersoek en bevind byna 80-persent […]
# Rugby: Twee Haaie-spanne sal môreaand teen Saracens en die Pumas speel in wedstryde op Kingspark in Durban. Baie Verenigde Rugbykampioenskap-spelers en selfs Springbokke sal te sien wees. Die voorry-tweeling, Kayden en Cohen Kiewit, sal teen Saracens skrum. Jason Jenkins en Tino Mavesere is onder die voorspelers en Lukhanyo Am is op die bank. Die […]
# Die onderwysersvakbond SADOU glo die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, is steeds gekant teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette en wil dit wysig deur middel van regulasies. Woordvoerder Nomusa Cembi sê die konsepregulasies kan nie gebruik word om die teks van die wet te verander, vereistes te stel waarvoor die wet nie voorsiening […]
# Cosatu vra dat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid die uitfasering van Postbank as ‘n diensverskaffer vir maatskaplike toelaebetalings moet heroorweeg. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die vakbondfederasie is uiters ontsteld oor Sassa se aankondiging dat hulle van plan is om Postbank se verwerking van toelaebetalings aan miljoene begunstigdes ten gunste van privaat banke te beeïndig: