# Die Suid-Afrikaanse Psigiatriese Vereniging sê Suid-Afrika staar ‘n geestesgesondheidskrisis onder noodpersoneel in die gesig, met een polisiebeampte wat elke week aan selfdood sterf. Altesaam 54 beamptes het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, en meer as 300 selfdoodgevalle is in sewe jaar aangemeld. Lerato Masenya van die vereniging doen ‘n beroep op die […]
# ActionSA in Gauteng het op ‘n brief van die DA gereageer waarin die party hul steun versoek vir ‘n voorgestelde mosie van wantroue in premier Panyaza Lesufi. Die DA het sy plan aangekondig om ‘n mosie teen Lesufi in te dien vir sy mislukte en duur Misdaadvoorkomingswagte-program. ActionSA se woordvoerder, Zwelithini Mtshali, sê mosies […]
# Sokker: Die Engelse Liga gaan Sheffield Wednesday onmiddellik met 12-punte straf nadat hy gister om administrasie aansoek gedoen het weens finansiële probleme. Die liga het die klub vroeër aangekla van verskeie oortredings van regulasies omdat hulle nie hul spelers se salarisse betyds betaal het gedurende vyf van die afgelope sewe maande nie. Dit het […]
# Die vakbond NEHAWU sê hulle staan in solidariteit met die mense van Kuba in hul stryd om die misdadige ekonomiese en finansiële blokkade teen die land deur die Verenigde State van Amerika op te hef. NEHAWU se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê volgende week sal die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies ‘n resolusie oorweeg […]
# Eskom sê die kragstelsel bly bestendig, veerkragtig en betroubaar. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is te danke aan voortdurende tegniese verbeterings wat onder Eskom se Opwekkingsherstelplan bereik is en wat betroubare elektrisiteitsvoorsiening vir meer as 98-persent van die tyd gedurende die huidige boekjaar verseker het. Sy sê opwekkingsvermoë het aansienlik verbeter. Die […]
# Tennis: Elena Rybakina van Kazakstan het die agtste en laaste plek ingepalm vir volgende maand se WTA-eindtoernooi toe sy Victoria Mboko met 6-3, 7-6 geklop het om die Pan Pacific se halfeindronde in Tokio te haal. 2022 se Wimbledon-kampioen sluit aan by die elite-groep in Saoedi-Arabië na ‘n suksesvolle lopie wat verlede week gelei […]
# Owerhede in Duitsland waarsku daar is ‘n kommerwekkende toename in die gebruik van sterk dwelms en dit word al hoe meer toeganklik met al meer van die middels wat in Europa vervaardig word. Daar was ‘n “oplewing” in die gebruik van dwelms soos kokaïen, crack en sintetiese dwelms. Kokaïenhandelmisdrywe het met meer as 45-persent […]