# Rugby: Die Springbokke en die All Blacks het Wêreldrugby se versoek verwerp vir meer kontrasterende uitrustings in môre se verwagte rillerstryd in Auckland en verkies om in hulle tradisionele kleure te speel. Dit word beskou as respek vir ‘n jarelange tradisie, met die Bokke in hulle ikoniese Groen-en-Goud en die gashere in hul handelsmerk-swart […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê inklusiwiteit en vennootskappe is noodsaaklik om die Visie 2040-doelwitte te bereik. ie uitvoerende hoof, Hapiloe Sello, het by die jaarlikse indaba in die Oos-Kaap gesê samewerking met belanghebbendes is noodsaaklik vir sukses. SANParke het ooreenkomste gefinaliseer met provinsiale parkagentskappe in Mpumalanga en die Oos-Kaap, terwyl projekte alreeds aan die […]
# Die African Transformation Movement sê daar moet dringend ondersoek ingestel word na korrupsie binne die regbank teneinde openbare vertroue te herstel. Die party het Hoofregter Mandisa Maya geloof vir haar sterk standpunt oor geregtelike onafhanklikheid en gewaarsku teen politieke inmenging. ‘n Woordvoerder van ATM, Zama Ntshona, het kommer uitgespreek oor vertragings in uitsprake soos […]
# Cosatu het sy solidariteit uitgespreek met tien Suid-Afrikaners aanboord die Global Sumud-flottielje, die grootste siviele maritieme poging om die beleg van Gaza uit te daag. Die vakbondfederasie het die solidariteit van internasionale werkers geloof en Italiaanse vakbonde erkenning gegee vir hulle dreigemente om Europa tot stilstand te bring as die flottielje aangeval word. Zanele […]
# ‘n Strand in Melbourne, Australië, is hierdie week snags in ‘n “eteriese gloed” gebaai danksy bio-luminessensie alge wat ‘n glinsterende, elektriese blou skakering aan die water en sand gee. Die mariene-ekoloog Richard Pensak het aan CNN gesê die algebloei, wat soms ook ‘n “seevonkeling” genoem word, verskyn gedurende die dag as ‘n helder pienk-oranje […]
# GPS-steurings oor die Baltiese See-streek het sedert 2023 skerp toegeneem. Die Sweedse Vervoeragentskap blameer Rusland. Die aantal voorvalle in die Sweedse lugruim het van 55 in 2023 gestyg tot 733 vanjaar. Die steurings sluit beide valse posisionering en die versteuring of ontwrigting van seine in. Die agentskap sê dit is ernstig en is ‘n […]
# Tennis: Die twee top-gekeurde mans is steeds op koers om mekaar Sondag te ontmoet in die eindstryd van die Amerikaanse Ope. Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz oorheers die spel op die oomblik en het saam die laaste sewe Grand Slam-toernooie gewen. Sinner speel in die halfeindronde teen die 25ste-gekeurde Kanadees […]
# Diageo Suid-Afrika verwelkom die Departement van Landbou se gewysigde regulasies vir die Wet op Drankprodukte, wat die minimum alkoholinhoud in sterk drank van 43-persent tot 40-persent verlaag. Die direkteur van korporatiewe verhoudings, Sibani Mngadi, sê die verandering verminder aksynsbelasting met ongeveer sewe-rand per 750-milliliter-bottel, wat onkoste vir vervaardigers en verbruikers minder maak. Mngadi sê […]