# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het die gesogte International University Sports Federation Healthy Campus Gold Label-sertifisering gekry. Dis ‘n erkenning van die universiteit se buitengewone toewyding aan gesondheid, welstand en holistiese benadering in studente se ontwikkeling. TUT het gevorder van sy vorige silwer-status en blink uit in die bevordering van fisieke aktiwiteite, geestesgesondheidsorg, voedingsorg, […]
# Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek die Kongo het ʼn uitbreking van die Ebola-virus in die Kasai-provinsie verklaar. In Bulape en Mweka is 28 vermeende gevalle en 15 sterftes, insluitend vier gesondheidswerkers, aangemeld. Die land se vorige Ebola-uitbreking was in April 2022. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Mohamed Janabi, sê hulle is vasbeslote om die […]
# Die Australiese Sakeraad se kostemodel om vrystellings te bekamp, het kritiek ontlok. Die raad sê die land sal sowat nege-miljard-rand in kapitaal- belegging nodig hê, en dalk steenkool- en gasuitvoere moet inperk om teen 2035 ʼn vrystellingsteiken van 70-persent of meer te haal. Die Australiese Bewaringstigting sê die model is ʼn wanvoorstelling van die […]
# Solidariteit se minagting-van-die-hof-aansoek het uitgeloop op ‘n tussentydse bevel wat die minister van Werkskepping en Arbeid opdrag gee om in November voor die Johannesburgse Arbeidshof te verskyn. Sy sal moet verduidelik hoekom sy ‘n hofbevel oor rassekwotas in die werkplek verontagsaam het. Anton van der Bijl van Solidariteit sê minister Meth se publikasie van rasseregulasies […]
# Die DA in Tshwane beskuldig die ANC-koalisie dat hy finansiële aanspreeklikheid in die metro stelselmatig en doelbewus vernietig. Dit volg nadat ʼn nuwe beleid vir forensiese ondersoeke aanvaar is. Peter Sutton van die DA sê deur opdrag te gee vir gebrekkige forensiese verslae en die doelbewuste vertraging van ondersoeke, het die ANC-koalisie ʼn beskermde […]
# ‘n Studie gelei deur die Walter Sisulu Universiteit het ontdek dat die byvoeging van groen Rooibos-ekstrak by kurperkos verbeter die groei van visgetalle en voedingdoeltreffendheid aansienlik. Die proefneming het kommersiële viskos vergelyk met voeding wat met gegiste Rooibos van die bekende rooi of ongegiste groen Rooibos-ekstrak aangevul is. Die studieleier, professor Grace Okuthe, sê […]