# PepsiCo South Africa en Polyco het ‘n vennootskap gevorm om vroulike herwinners in Pinetown, KwaZulu-Natal, te borg deur die Dignity Foundation en die Supa Mama Women in Recycling-inisiatief. Dit bied finansiële ondersteuning en hulpmiddels soos herwinningstrollies en waardigheidpakkies om die omstandighede waaronder hulle werk te verbeter en moontlike inkomste vir die vroue te verseker. […]
# Die Good-party het die aanstelling van Sarah Helena Roberts as die Wes-Kaap se nuwe Kommissaris vir Kinders verwelkom Die kantoor val onder die Wes-Kaapse Wet op die Kommissaris vir Kinders van 2019 en is verantwoordelik vir ondersoeke en ondersteuning aan rolspelers van die regering. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Roberts beskik oor die […]
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane eis ‘n dringende ondersoek na die geheimsinnige verdwyning van vier vesoekskrifte wat die party by ‘n raadsvergadering in Mei voorgelê het. Die vier hou verband met kragonderbrekings in Wyk 55, die openbare swembad in Hillcrest, onwettige geboue in Wyk 98, en ‘n versoek om Centurion tot rampgebied te verklaar […]
# Die DA in Gauteng sê die Gesondheidsdepartement het duisende sakeondernemings in gevaar gestel deur sy onvermoë om fakture van meer as 5,1-miljard-rand binne die vasgestelde 30 dae te betaal. Die departement het in die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar 1,621-miljard-rand binne die vasgestelde 30 dae betaal en 2,447-miljard-rand ná 30 dae. Madeleine Hicklin van […]
# Die GOOD-party het ‘n dringende aansoek by die Stellenbosch Munisipaliteit ingedien om die sanitasie en onhigiëniese toestande in die Devon Valley noodkamp aan te spreek. ‘n Inwoner van die kamp, Arno Visagie, het in Mei in die hopitaal beland vir ‘n noodoperasie weens ‘n maagaandoening. Marius van Stade van GOOD sê die volgehoue gebrek […]
# Standard Bank se sentrum van uitnemendheid vir waterstofenergie is amptelik bekendgestel. Dit is in samewerking met die Vaal Universiteit vir Tegnologie gedoen. Die sentrum fokus op die ontwikkeling van vaardighede, tegnologie en navorsingsvennootskappe om die groei in Suid-Afrika se ontluikende groenwaterstofsektor te ondersteun. Die instelling het reeds die aandag van belanghebbendes in Europa, Asië […]
# Tennis: Die wêreld se nommer een Aryna Sabalenka kry die kans om haar Amerikaanse Ope titel te verdedig wanneer sy môre in die eindstryd teen die Amerikaner, Amanda Anisimova te staan kom. Sabalenka van Belarus, wat ‘n stel agter was, het die Amerikaner Jessica Pegula, met 4-6, 6-3, 6-4 geklop. Sabalenka gaan probeer om […]
# Die GOOD Party sê die Wes-Kaapse regering het die mandaat en die vermoë om lewensomstandighede, wat die hoofoorsake van geweldmisdaad is, te verander. Daar was onlangs ‘n toename in bendeverwante skietvoorvalle in die provinsie, veral op die Kaapse Vlakte. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die Wes-Kaapse Veiligheidsplan wat in 2019 ingestel is […]