# As deel van Operasie Shanela is 347 verdagtes gister in Mabopane en Loate in Tshwane vir verskeie oortredings in hegtenis geneem. Hul misdade sluit moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting in. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 48 ongedokumenteerde uitlanders word ook aangehou:
# Die Vryemarkstigting doen ʼn beroep op die Parlement om die Onteieningswet te onttrek en ʼn regverdige en billike grondhervormingsprogram in te stel. Die wet bied ʼn algemene raamwerk vir prosesse en prosedures waarvolgens staatsorgane eiendom kan onteien. Die stigting sê die wetgewing is gevaarlik, ongrondwetlik en kan nie tot enige grondhervorming lei nie. Hy […]
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat van Water en Sanitasie het gedurende die 2024/2025 boekjaar 709 nuwe krane en vyf-duisend-873 toilette in informele woongebied geïnstalleer. Dit maak deel uit van die metro se onderneming om toegang tot basiese diense, veral skoon water en veilige sanitasie, te bied. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, […]
# Die president van ActionSA, Herman Mashaba, het aangekondig die party gaan volgende maand aan die tussenverkiesing van Soweto Stadswyk 130 deelneem. Raadslid Siyabonga Zwane is die party se kandidaat. Mashaba sê inwoners word reeds te lank in die steek gelaat deur ‘n stelsel wat dienslewering belowe, maar nooit iets lewer nie. Hy sê Zwane […]
# President Donald Trump van Amerika sê hy ontmoet vandag die leiers van Armenië en Azerbeidjan by die Withuis, vir wat hy ʼn geskiedkundige vredesberaad noem. Die verwagting is dat hulle ʼn vredesooreenkoms sal onderteken om ʼn einde te bring aan jare lange konflik tussen die twee Suid-Kaukasiese nasies. Hulle het twee keer oorlog gemaak […]
# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê die streeksronde van die Wêreld-robot-olimpiade het leerders so jonk as nege jaar gelok om hul robotikavaardighede op ʼn mededingende platform te bewys. Die kompetisie is ʼn geleentheid waar laerskoolleerders hul kodering- en robotikavaardighede kan vestig en progressief ontwikkel. Die voorsitter van die Wes-Kaapse olimpiade, Cedric Esterhuizen, sê dit […]
# Die top tien skole wat gekies is om na die volgende afdeling van die 2025 Samsung Solve for Tomorrow STEM-kompetisie deur te gaan, is bekend gemaak. Die kompetisie daag leerders in graad 10 en 11 van benadeelde gemeenskappe uit om werklike probleme in die wêreld te identifiseer en hulle op te los met die […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het nuwe wetenskaplaboratoriums by vier skole in Atteridgeville buite Pretoria bekendgestel. Dis deel van ʼn openbare-privaat vennootskap waar maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie en Huawei van China toerusting en tegnologie geskenk het. Ramokgopa sê die doel van die projek is om die gehalte van wetenskaponderrig in […]
# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus is van plan om spandiepte te bou en jong talent vir die toekoms voor te berei. Die Bokke het hul voorbereidingskamp van twee weke in Johannesburg afgesluit. Drie Junior Springbokke wat Wêreldrugby se Onder-20 Kampioenskap gewen het, het deelgeneem. Erasmus sê Bathobele Hlekani, Cheswill Jooste en Haashim Pead is blootgestel […]