# Die Departement van Elektrisiteit en Energie hersien sy elektrisiteitprysbeleid aangesien elektrisiteit nou onbekostigbaar vir besighede en huishoudings geword het. Minister Kgosientsho Ramokgopa het tydens die aankondiging van die somervooruitsigte gewaarsku dat verhoogde tariewe besteebare inkomste opvreet en mededingendheid seermaak. Die minister het bevestig dat raadpleging landwyd uitgebrei sal word om ’n billiker raamwerk te […]
# Die Mayibuye-raadplegingsproses het amptelik na ‘n politieke party oorgeskakel met die bekendstelling van die Afrika Mayibuye Movement. Onder leiding van die uitgeskopte sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, poog die nuwe beweging om onafhanklik te wees en gemeenskappe, vakbonde en burgerlike groepe te verenig. Shivambu het op ‘n nuuskonferensie gesê die beweging verwelkom lede […]
# Die Namibiese parlement se staande kommittee oor Natuurlike Hulpbronne vra dat wetenskaplike bewyse die lot moet bepaal van die gestaakte Uranium One-projek naby Leonardville in Namibië. Die myn wat deur Rusland ondersteun word, onder leiding van Headspring Investments, staar vertragings, regsgedinge en vrese oor grondwaterbesoedeling in die belangrike Stamprietwaterdraer in die gesig. Die gebruik […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê A-pokke verteenwoordig nie meer ‘n globale openbare gesondheidsnoodtoestand nie. Dit volg ná ‘n bestendige afname in gevalle en sterftes in die Demokratiese Republiek die Kongo en ander lande. Die organisasie het in Augustus 2024 ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand verklaar nadat ‘n tweeledige A-pokke-epidemie uitgebreek het, hoofsaaklik in die DRK. Die WGO-hoof Tedros […]
# Rugby: Die afrigter van die Springbokvroue, Swys de Bruin, het Babalwa Latsha aangewys as kaptein van die span wat môre in ‘n beslissende wedstryd in Groep D van die Vroue-Rugby Wêreldbeker teen Frankryk by Franklin’s Gardens speel. Dit is die eerste keer dat Latsha, wat die rekord hou vir die meeste wedstryde ooit as […]
# Die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling het bevestig dat die persoon wat gister buite die Athlone Landdroskantoor doodgeskiet is, ‘n man was wat op klagtes van aanranding moes verskyn. Volgens voorlopige berigte het die insident by die ingangshek gebeur, met die man wat in die binnehof, ‘n paar meter van die hoofingang, inmekaar […]
# Die Madlanga-kommissie van Ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel het bevestig dat die openbare sittings oor bewerings deur KwaZulu-Natal polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, nou op 17 September sal begin. Die sittings is vertraag as gevolg van verkrygingsprobleme by die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling. Woordvoerder Jeremy Michaels sê kontrakte vir […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Herstrukturering- en Insolvensiepraktisyns het sy verontwaardiging uitgespreek oor die moord op die insolvensie-prokureur Bouwer van Niekerk by sy kantoor in Sandton. SARIPA sê aanvalle soos hierdie bedreig die regstelsel en die veiligheid van regspraktisyns. Hulle glo die moord is ‘n verwoestende verlies vir die regs- en insolvensiegemeenskap. Die voorsitter van […]
# Tennis: Die Wêreld se voorste speler, Aryna Sabalenka, sê sy gaan haar bes doen om Nick Kyrgios se “gat te skop” indien die beoogde ‘Battle of the Sexes‘-wedstryd voortgaan. Die wedstryd tussen Sabalenka en die gewese Wimbledon-finalis word tans bespreek maar die datum en plek is nog nie bevestig nie. Drie amptelike sogenaamde ‘Battle […]