# Die DA sê hy het beslissende stappe gedoen om die senior munisipale werknemer van die Stellenbosch Munisipaliteit, Alexander Kannemeyer, te skors. Kannemeyer is op video vasgelê waar hy rassistiese sienings uitspreek wat onregmatige arbeidspraktyke bevorder. Die party sê binne 48-uur ná die nuus bekendgemaak is het die burgemeester van Stellenbosch, Jeremy Fasser, ‘n raadsvergadering […]
# Die Putco Busmaatskappy sê hulle ontplooi hierdie naweek byna 300 busse om aanbidders na die Zion Christian Church-byeenkoms in Moria, Limpopo, te vervoer. PUTCO se woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê hulle sal na verwagting byna 18-duisend gemeentelede vervoer. Hy sê busse het reeds van vroeg oggend vanaf Gauteng en Mpumalanga begin vertrek, en die terugreise […]
# Buckingham-paleis het met diep hartseer aangekondig dat die Hertogin van Kent in die ouderdom van 92 gesterf het. Volgens ‘n verklaring is sy gisteraand vreedsaam in Kensington-paleis dood, omring deur haar familie. Die hertogin, Katharine, was die oudste lid van die koninklike familie, getroud met Prins Edward die Hertog van Kent en ‘n niggie […]
# Die energiereguleerder, Nersa, het Cape Ocean Terminals se aansoek vir ‘n lisensie goedgekeur om ‘n petroleumbergingsaanleg en pyplyn in Saldanha, in die Wes-Kaap, te bou. Die ontwikkeling, bekend as Projek Albatros, sal in fases bekendgestel word, met ‘n algehele potensiële kapasiteit van 390-duisend kubieke meter brandstof. Charles Hlebela van Nersa sê die projek sal […]
# Rugby: Die assistentafrigter van die Springbokvroue, Laurian Johannes-Haupt, sê die span is besig met hulle finale voorbereidings voor hulle wedstryd môre teen Frankryk in Northampton in hulle laaste Groep D-wedstryd van die Vroue-Wêreldbeker. Frankryk, wat vierde op die wêreldrangleer is, sal ‘n uitdagende wedstryd wees voordat die Bokke teen Nieu-Seeland of Ierland in die […]
# Rugby: Bok-ondersteuners sal in net meer as twee uur voor hul TV-stelle vasgenael sit wanneer die Bokke die All Blacks in ‘n Rugbykampioenskap-kragmeting op Eden Park in Auckland pak. Die Bokke het laas in 1937 op Eden Park gewen. Nieu-Seeland verdedig tans ‘n reeks oorwinnings van 50 wedstryde op hul tuisveld. Sommige ontleders wys […]
# Sewe mense in Engeland en Skotland wat na bewering verbind word met die verbode groep Palestine Action is van terrorisme-oortredings aangekla. Die polisie sê die beweerde oortredings sluit in die reël van openbare versetoptogte ter ondersteuning van die groep in Londen, Manchester en Cardiff asook ‘n betoging in Londen vandag. Die Britse organisasie Defend […]