# Die LUR vir Mobiliteit in die Wes-Kaap, Isaac Sileku, sowel as die CATA- en CODETA-taxiverenigings wat op die Somerset-Wes-roetes werk, stem saam oor ‘n dringende behoefte om vrede en stabiliteit te verseker. Sileku sê dit volg ná nog ‘n noodlottige skietery Donderdag in Lwandle wat verband hou met geskille tussen die twee taxiverenigings. Sileku […]
# Tennis: Carlos Alcaraz van Spanje en Jannik Sinner van Italië gaan sake in Amerikaanse Ope-eindstryd uitspook, wat die derde agtereenvolgende Grand Slam-eindstryd tussen die twee sal wees. Alcaraz, wat nog nie ‘n stel verloor het nie, het Novak Djokovic in die halfeindstryd in drie stelle verslaan. Sinner het sy plek verseker toe hy Felix […]
# Die Tafelberg-nasionale park sê daar is talle besoekers wat die volmaan en maansverduistering van vanaand tot Maandagaand by die verskillende uitkykpunte op die berg sal wil ervaar. SANparke se woordvoerder, Charles Phahlane, sê ‘n maansverduistering is anders as ‘n sonsverduistering, waarna jy nooit direk moet staar nie. Hy sê die sigbaarheid oor die stad […]
# Rugby: Opwinding vir die Springbokke teen die All Blacks se 3de ronde Rugbykampioenskap-kragmeting op Eden Park in Auckland, Nieu-Seeland, het ‘n hoogtepunt bereik met die wedstryd wat ‘n paar minute gelede begin het. Die All Blacks was na 24 minute reeds 14 – 3 voor. Die Bokke moet hul staal wys, aangesien die laaste […]
# Die Energiereguleerder het ArcelorMittal Suid-Afrika, se aansoeke by Eskom vir ses-jaar-onderhandelde prysooreenkomste goedgekeur. Dit is volgens die reguleerder se woordvoerder, Charles Hlebela, vir sy staalvervaardigingsaanlegte in Newcastle en Vanderbijlpark. Hlebela sê in September en Oktober 2024 het ArcelorMittal sy aansoeke by Eskom ingedien vir die oorweging om verlaagde tariewe te onderhandel ingevolge die bepalings […]
# Eskom sê die kragstelsel bly stabiel, veerkragtig en betroubaar, wat beteken die land was vir 113 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê daar was min onbeplande onderbrekings, wat die volgehoue verbeterings in die prestasie van die opwekkingsvloot beklemtoon . Sy sê onbeplande verliese as gevolg van onderbrekings het verder tot […]
# Die DA het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy die dissiplinêre ondersoek na die geskorste Suid-Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Andrew Chauke, vertraag het. Chauke, wat onder oudpresident Jacob Zuma aangestel is, het volgens berigte polities-verbonde figure beskerm. Die DA-lid, Glynnis Breytenbach, sê 45 dae het verloop sedert Chauke se skorsing, maar geen […]