# Adjunkpresident Paul Mashatile sê wyle ambassadeur Mninwa Johannes Mahlangu was deurslaggewend in die bevrydingstryd om Suid-Afrika se demokrasie te ontwikkel en koester. Mashatile het die lofrede gelewer tydens die spesiale amptelike begrafnis vir Mahlangu in Middelburg, Mpumalanga. Mahlangu is op 24 Augustus op 72-jarige ouderdom in die hospitaal oorlede na ‘n kort siekbed. Mashatile […]
# Die DA sê hy is daartoe verbind om die oorsaak van onwettige grondgrype aan te spreek, nie net die simptome nie. Die party sê hy het wysigings aan die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings in die Parlement voorgestel wat die aanhitsing en organisering van grondgrype vervolgbaar sal maak. Luyolo Mphithi van die […]
# Tennis: Wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus het Amanda Anisimova gister oorrompel, om haar Amerikaanse Ope-kroon te verdedig en haar Amerikaanse mededinger in skoon stelle verslaan om die vierde Grand Slam-titel van haar loopbaan te beklink. Sabalenka het Anisimova se wankelrige afslaanspel genadeloos aangeval om ‘n oorwinning in twee stelle op die Arthur Ashe-stadion te […]
# Motorsport: Max Verstappen van die Red Bull-span het vir ‘n verstommende voorste wegspringplek in die Italiaanse Grand Prix gekwalifiseer en ‘n nuwe ronde-rekord op Monza opgestel. Hy het die McLaren-duo geklop, met Lando Norris wat tweede gekwalifiseer het en die kampioenskaps-voorloper Oscar Piastri derde. Ferrari se Charles Leclerc sal tot groot vreugde van die […]
# Die Israelse weermag het Palestyne in Gazastad gister gewaarsku om na die suide te beweeg voordat hulle ‘n toringblok bombardeer terwyl sy magte dieper beweeg in die streek se grootste stad. Israel is weke reeds besig met aanvalle op die noordelike voorstede nadat die Israelse premier Benjamin Netanyahu die weermag beveel het om Gazastad […]
# Rugby: Hoofafrigter Rassie Erasmus is gefrustreerd deur die Springbokke se foute in hul 24-17-nederlaag teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap-wedstryd op Edenpark gister. Suid-Afrika het vinnig teruggesak tot ‘n 14-0 agterstand ná drieë deur Emoni Narawa en Will Jordan. Die Bokke het hierna alles in die stryd gewerp maar kon nie die agterstand […]
# AfriForum het die Stad Tshwane gekritiseer omdat inwoners steeds ‘n skoonmaakheffing moet betaal ten spyte van twee Hooggeregshofuitsprake wat dit onwettig, irrasioneel en ongrondwetlik verklaar het. Die Hooggeregshof in Pretoria het gelas die heffing moet verwyder word en krediet moet aan inwoners verskaf word, terwyl die Metro se appèlaansoek met koste van die hand […]
# Die DA in die Wes-Kaap het die provinsiale Departement van Gesondheid en Welstand se nuut aanvaarde People’s Strategy verwelkom om mediese personeel te lok en te behou. Die party sê gesondheidsfasiliteite kan nie sonder voldoende personeel funksioneer nie, en toegang tot gehalte-gesondheidsorg is ‘n basiese grondwetlike reg. Memory Booysen van die DA sê die […]
# Die ATM sê hy steun die inisiatiewe van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika heelhartig wat gemik is om sukkelende munisipaliteite regoor die land te red. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika die befondsingsmodelle prioritiseer wat spesifiek voorsien in die behoeftes van die voorheen benadeelde gemeenskappe, veral in landelike munisipaliteite. […]