# Die ANC het die verduideliking van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom oor die konsep-nasionale kredietregulasies. Die party-woordvoerder Mahlengi Bhengu sê die ANC het kennis geneem van die minister se versekering dat die voorgestelde regulasies nie bedoel is om studente wat by instellings van hoër onderwys skuld het, te benadeel […]
# Die Polisie- en Gevangenissevakbond, POPCRU eis dat die regering met dringende praktiese stappe moet kom om polisie-moorde en -beserings te verminder, hetsy aan of van diens. POPCRU-woordvoerder Richard Mamabolo sê tussen April verlede jaar en Maart vanjaar is 27 polisiebeamptes regoor die land vermoor. Hy sê POPCRU eis ‘n dringende praktiese transformasie van polisiëringsomstandighede […]
# Fine Wine Fellow het die verkryging van Norman Goodfellows aangekondig. Dit is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde voedsel- en drankverspreiders en kleinhandelaars van goeie wyne en spiritualieë. Goodfellows-woordvoerder, Jeanri-Tine van Zyl, sê verspreider se oorsprong dateer terug na 1976, toe Norman Kramer een van Suid-Afrika se eerste spesialis-drankwinkels geopen het. Hy sê hul […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die sluipmoord op die Johannesburgse insolvensieprokureur, Bouwer van Niekerk, veroordeel. Van Niekerk is Vrydag by sy regsfirma se kantore in Avonwold doodgeskiet. Die woordvoerder van die ministerie, Terrence Manase, sê die nuus van sy moord het gekom kort nadat die departement berig ontvang het […]
# Sokker: Cristiano Ronaldo het sy 139ste en 140ste internasionale doele aangeteken toe Portugal Armenië die afgelope naweek met 5-0 geklop het in hul eerste wedstryd sedert die dood van Diogo Jota in ‘n motorongeluk in Julie. ‘n Minuut stilte is gehou voor die Wêreldbeker-kwalifiserende wedstryd en baniere was te sien rondom die Vazgen Sargsyan […]
# Die Activists and Citizens Forum sê die moorde in die Wes-Kaap, veral in Kaapstad, benodig dringende en drastiese ingryping om die lewens van onskuldige mense in bendegeteisterde gebiede te red. Die woordvoerder van die forum, Dennis Bloem, sê Suid-Afrikaners hoor amper elke week van massamoorde in townships in Kaapstad. Hy sê die regering moet […]
# ‘n Assistent-navorser van die Universiteit van die Vrystaat, Sandile Ndlovu, sê Suid-Afrika se e-afvalbestuurstelsel vereis ‘n gekoördineerde poging om permanente e-afvalverwyderingspunte by alle Suid-Afrikaanse instellings vir hoër onderwys te vestig. Hy sê Suid-Afrika se formele herwinningspogings herwin slegs tussen 7- en 12-persent van sy totale elektroniese afvalproduksie. Ndlovu sê die res word óf onbepaald […]
# COSATU sê hy ondersteun die oproep vir lewenslange tronkstraf vir sewe Chinese burgers wat skuldig bevind is aan mensehandel en kinderarbeid. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê hulle is in November 2019 in hegtenis geneem nadat ‘n gesamentlike klopjag 91 ongedokumenteerde Malawiese burgers, waarvan 37 kinders was, in ‘n fabriek in Village Deep, Johannesburg, […]
# Die Israelse weermag het nog ‘n wolkekrabber in Gazastad vernietig, die tweede groot gebou die afgelope twee dae. Die minister van Verdediging, Israel Katz, het ‘n video op X geplaas van die gebou wat ineenstort, met die opskrif: “Ons gaan voort”. Die weermag, wat sy operasies in Gaza uitgebrei het, sê die Sussi-toring word […]