# Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê agt departemente in die provinsie het in die 2024/2025-boekjaar skoon oudits ontvang. Dit sluit in die premier se kantoor, Tesourie, Samewerkende Regering en Tradisionele Sake. Veertien van die 19 provinsiale entiteite, onder meer die Gautrein, Gauteng Filmkommissie en die Drankraad het ook skoon […]
# Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het Rusland se lugaanval die naweek op ʼn regeringsgebou in Kiev veroordeel. In sy grootste lugaanval tydens die oorlog het Moskou 800 hommeltuie ontplooi en die eerste keer die regering se hoofgebou getref. Minstens vier mense is in aanvalle reg oor Oekraïne dood, insluitend ʼn baba en ʼn jong […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die verlies van ʼn polisiebeampte moet as ʼn misdaad teen die staat beskou word. In die 2024/2025-boekjaar het 27 polisiebeamptes hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor. Hy het Sondag by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Polisiediens se Herdenkingsdag by die Uniegebou in Pretoria gepraat. Cachalia […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê ‘n aanval op ‘n polisiebeampte is ‘n aanval op die Staat self, en dit sal met die volle mag van die wet hanteer word. Hy het gister die jaarlikse Suid-Afrikaanse Polisiediens-herdenkingsdag in Pretoria toegespreek. Sewe-en-twintig polisiebeamptes het gedurende die 2024/2025-boekjaar hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor. ‘n […]
# Krieket: Engeland het Suid-Afrika met ‘n rekord van 342 lopies in die derde en laaste eendagwedstryd in Southampton geklop. Honderdtalle van Jacob Bethell en Joe Root het die gashere 414 vir vyf laat aanteken, Engeland se hoogste totaal in eendagwedstryde in drie jaar. In antwoord het Jofra Archer deur die Proteas se kolflys baljaar […]
# Die DA in die Wes-Kaap het die aankondiging deur die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom dat die provinsiale regering, Wesgro en sy bedryfsvennote stappe doen om boere onder druk te ondersteun en werksgeleenthede te beskerm. Die DA se Noko Masipa sê dit volg die 30-persent-tarief op Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere na […]
# Die ANC het die verduideliking van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom oor die konsep-nasionale kredietregulasies. Die party-woordvoerder Mahlengi Bhengu sê die ANC het kennis geneem van die minister se versekering dat die voorgestelde regulasies nie bedoel is om studente wat by instellings van hoër onderwys skuld het, te benadeel […]
# Die Polisie- en Gevangenissevakbond, POPCRU eis dat die regering met dringende praktiese stappe moet kom om polisie-moorde en -beserings te verminder, hetsy aan of van diens. POPCRU-woordvoerder Richard Mamabolo sê tussen April verlede jaar en Maart vanjaar is 27 polisiebeamptes regoor die land vermoor. Hy sê POPCRU eis ‘n dringende praktiese transformasie van polisiëringsomstandighede […]
# Fine Wine Fellow het die verkryging van Norman Goodfellows aangekondig. Dit is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde voedsel- en drankverspreiders en kleinhandelaars van goeie wyne en spiritualieë. Goodfellows-woordvoerder, Jeanri-Tine van Zyl, sê verspreider se oorsprong dateer terug na 1976, toe Norman Kramer een van Suid-Afrika se eerste spesialis-drankwinkels geopen het. Hy sê hul […]