# Voormalige president Thabo Mbeki is vol vertroue dat die G20-leiersberaad in Suid-Afrika suksesvol sal wees al het die Amerikaanse president, Donald Trump, besluit om dit nie by te woon nie. Trump stuur visepresident JD Vance in sy plek. Klimaatsverandering, handel en ekonomiese herstel sal op die November-beraad bespreek word, met Suid-Afrika wat voorrang sal […]
# ‘n Groot see-, lug- en kuslynsoektog gaan vandag voort na die 38-jarige vlieërplankryer Graham Howes van Bloubergstrand in Kaapstad. Die Nasionale Seereddingsinstituut sê Howes is Sondagmiddag laas buite Eden-on-the-Bay gesien, geklee in ‘n swart duikpak en met ‘n wit vlieërseil met rooi letters. Ten spyte van die uitgebreide soektog, is daar nog geen teken […]
# Die polisie in Rustenburg het ‘n 23-jarige verkragtingsverdagte enkele dae nadat hy ontsnap het, weer in hegtenis geneem. Die verdagte is aanvanklik op 1 September in Umzimkhulu, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem vir die verkragting van ‘n 28-jarige vrou, maar het uit aanhouding ontsnap. ‘n Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê ‘n multidissiplinêre span, ondersteun deur […]
# Die vakbond GIWUSA sê hy is sterk gekant teen die voortdurende bloedbad van afleggings in verskeie sektore in die land. ArcellorMittal SA sal sy langstaalbesigheid na verwagting teen einde September sluit, wat drie-duisend-500 werkverliese sal veroorsaak. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika beplan ook om 474 poste by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha te […]
# Die DA in die Vrystaat het die suksesvolle voltooiing en oorhandiging van vyf munisipale infrastruktuur-toelae-projekte aan die Mafube-munisipaliteit verwelkom. Die opgraderings sal aan inwoners ‘n betroubare watervoorsiening, funksionele rioolstelsels, veilige ontspanningsruimtes en omgewingsbeskerming bied. Linda Louwrens van die DA sê die opgraderings sal die inwoners se daaglikse lewe verbeter:
# President Cyril Ramaphosa gaan vanmiddag aan ‘n virtuele BRICS-leiersberaad deelneem. Die geleentheid is onder leiding van Brasilië se president, Luiz Inácio Lula da Silva. Die Presidensie sê dit bied ‘n platform vir leiers om wêreldsake te bespreek, veral met die klem op die huidige ekonomiese omgewing en die toestand van multi-laterale stelsels. Die beraad volg […]
# Cosatu sê hy verwerp AfriForum en ander regse organisasies se poging om Nedlac se vergaderings oor die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer te keer. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Wapeneienaarsvereniging, AfriForum en Safe Citizen gewaarsku het oor ʼn interne Business Unity SA-kennisgewing wat berig Nedlac stel ʼn taakspan saam oor die wetsontwerp. Cosatu se woordvoerder, Matthew […]