# Rugby: Die uitspeelrondes van die Curriebeker begin hierdie naweek nadat die laaste groepswedstryde die afgelope naweek voltooi is. Die Leeus is bo-aan die punteleer, gevolg deur die Griekwas, die Cheetahs en Boland Kavaliers, terwyl die Pumas, die Bulle, die verdedigende kampioen, die Haaie, en Westelik Provinsie se veldtogte verby is. Saterdag speel die Leeus […]
# Die DA sê hy het aan die minister van Vervoer, Barbara Creecy, geskryf en haar gevra om dringend te kyk na ‘n oplossing vir groeiende probleem van swaar vragmotors wat verwoesting saai in Nxuba, in die Oos-Kaap. Die DA-lid, Heinrich Müller, sê Nxuba langs die N10-korridor, word jare lank deur swaar vragmotors deurkruis en […]
# Business Leadership South Africa sê die regering moet dringend ingryp volgens Business 20 se aanbevelings om werksgeleenthede te beskerm en groei te bevorder. Uitvoerende hoof Busi Mavuso waarsku 250-duisend werksgeleenthede in voorsieningskettings kan verlore gaan, vererger deur Amerikaanse handelsdruk. Mavuso sê Suid-Afrika moet spesiale ekonomiese sones gebruik, digitale infrastruktuur verbeter, regulasies stroomlyn en bedryfsgeleide […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, se goedkeuring van ‘n geregtelike doodsondersoek na die moord op vyf kinders in Mthatha in die Oos-Kaap in 1993. Die slagoffers, tussen 12- en 17-jaar-oud, is deur lede van die apartheidstydse Suid-Afrikaanse Weermag doodgeskiet by die huis van die PAC-aktivis Sigqibo […]
# Vyf verdagtes is vanoggend doodgeskiet in ‘n skietery met die polisie by die Pump House informele nedersetting in Chatsworth, KwaZulu-Natal. Die polisie het, met behulp van inligting, die groep opgespoor wat gesoek word vir moord, roof, afpersing en onwettige vuurwapens in die Mpumalanga-township, Mariannhill, KwaNdengezi en Umsunduzi. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê daar is […]
# Die Departement van Kultuursake en Sport sê hulle is vebind tot die bevordering van ‘n leeskultuur vir alle ouderdomme. Met die viering van Internasionale Geletterdheidsdag, het LUR Ricardo Mackenzie die rol van openbare biblioteke met die voorsiening van boeke, digitale hulpmiddels en veilige leerspasies beklemtoon. Hy bevestig dat met 375 dienspunte, plattelandse internettoegang, en […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola het die polisie se taakspan vir politieke moorde geprys vir die vinnige inhegtenisneming van verdagtes wat gesoek word vir die moord op ‘n verklikker, Xolani Ntombela. Ntombela se moorddossier was een van die 121 wat teruggestuur is na die taakspan om te ondersoek. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ‘n […]