# Cosatu het sy solidariteit met die mense van Wes-Sahara en hul ononderhandelbare reg op selfbeskikking, onafhanklikheid en vryheid van Marokkaanse besetting herbevestig. Die vakverbond het met die ambassadeur van Wes-Sahara, Beisat Deich, vergader as deel van die voortgesette verbintenis tot internasionale solidariteit en die wêreldwye stryd teen kolonialisme en besetting. Noxolo Bhengu van Cosatu […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het openbare hulp gevra met die soektog na die vermiste joernalis Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Hulle het op 18 Februarie verdwyn nadat hulle hul huis in Mpumalanga verlaat het. Die polisie het die saak herklassifiseer as ontvoering en kaping en die verdagtes wat in hegtenis geneem […]
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee op die Polisie, Ian Cameron, dring aan op wetgewende hervormings om burgerlikes teen mishandeling deur BBP-lyfwagte te beskerm. Dit volg nadat die polisie agt van adjunkpresident Paul Mashatile se lyfwagte onskuldig bevind het ná die aanranding van burgerlikes op die N1-hoofweg in Gauteng in 2023. Hulle word […]
# Build One South Africa het president Cyril Ramaphosa versoek om aandag te gee aan hulle groeihandves. Ramaphosa stuur vandag Fase Twee van Operasie Vulindlela van stapel. Die handves stel praktiese oplossings voor om vyf-persent ekonomiese groei te bereik, met die fokus op energie, vervoer, landbou en etiese bestuur. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Beweeglikheid versoek alle padgebruikers om persoonlik verantwoordelikheid te aanvaar vir padveiligheid. Die departement se woordvoerder, Muneera Allie, sê 16 noodlottige ongelukke is tussen verlede Dinsdag en Sondag op provinsiale paaie aangeteken. Dit het gelei tot die dood van 18 mense, wat ‘n harde werklikheid weerspieël rondom die verwoestende gevolge van […]
# Die Stad Johannesburg het bevestig die voorafbetaalde elektrisiteitsbobelasting sal R200 per maand bly, en daarmee berigte teengestaan oor ’n voorgestelde verhoging na R270. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Margaret Arnolds, het aan eNCA beklemtoon dat hoewel daar konsepvoorstelle bestaan, geen veranderinge goedgekeur is nie. Die bobelasting, wat in Julie 2024 ingestel is, befonds die instandhouding […]
# Die DA in Gauteng eis die verwydering van die uitvoerende hoof van die Charlotte Maxeke Johannesburg Hospitaal, Gladys Bogoshi. Die hospitaal is weereens in ’n krisis gedompel, met pasiënte wat sonder kos en warm water moet klaarkom. Volgens Jack Bloom van die DA sukkel dokters en verpleegkundiges om honger pasiënte te behandel, met slegs […]