# Die DA gaan die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, vra vir groter beskerming vir verklikkers deur wetgewende hervormings. Glynnis Breytenbach van die DA verwys na die sluipmoord op die Johannesburgse insolvensie-regskenner Bouwer van Niekerk. Sy sê president Cyril Ramaphosa het gedurende sy staatsrede in Februarie gesê die regering sal die fluitjieblaser-beskermingsraamwerk […]
# Die staatsbeheerde digitale verspreider Sentech waarsku hy sal die SABC se sein teen Desember afskakel indien die uitsaaier nie sy skuld van ‘n miljard-rand vereffen nie. Die SABC wil die seinkoste weer onderhandel te midde van vertragings met die aanvaarding van die Wetsontwerp op die SABC om ‘n nuwe befondsingsmodel te skep. Die voorsitter […]
# Die Oos-Kaapse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat verantwoordelik is vir ‘n skietery in Gqeberha gisteraand waarin twee vroue en ‘n nege-jarige meisie dood is. Polisiewoordvoerder, Siphokazi Mawisa, sê beamptes is na ‘n skietvoorval in Malibalestraat, Soweto on Sea in Kwazakele ontbied. Lede van die gemeenskap sê hulle het skote […]
# ActionSA sê hy is erg bekommerd oor die toestand van die Mananga-grenspos en omliggende gebiede soos Magudu in Mpumalanga. Die swak sekuriteit by die grens maak onwettige kruisings, misdaad en smokkelary moontlik wat die gemeenskappe naaste aan die grens kwesbaar laat. Norman Sibitane van ActionSA sê die Grensbestuurowerheid het nie voldoende kapasiteit nie en […]
# Die Global Sumud-flottielje sê sy vaartuig, die Family Boat, is vandag in Sidi Bou Said-hawe naby Tunisië deur ‘n vermeende hommeltuig getref. Die ses mense aan boord, insluitend die Sweedse aktivis Greta Thunberg, is ongedeerd. Tunisiese owerhede het die bewerings ontken en sê reddingsbaadjies het die brand veroorsaak. Die organiseerders sê die vaartuig is […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die bevordering van menseregte is onafskeidbaar verbind met ekonomiese en maatskaplike regte. Sy het die 63ste jaarlikse byeenkoms van die Asiaties-Afrika-regsraadgewende organisasie-konferensie in Uganda toegespreek. Kubayi sê Suid-Afrika bly vasbeslote om die organisasie se unieke rol te ondersteun in die versterking van Asië en […]