# Die Israelse weermag sê hulle het senior Hamas-leiers geteiken, nadat AFP-joernaliste in Doha berig het daar is ontploffings en rook wat oor die Katarse hoofstad in die lug hang, waar die politieke kantoor van die Palestynse groep gesetel is. Die weermag sê hulle het die aanval spesifiek uitgevoer om die senior leierskap van Hamas […]
# President Cyril Ramaphosa sê die tydsberekening van die vooraf-beplande besoek deur die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Rudzani Maphwanya, aan Iran kon beter gewees het, maar dit het nie Suid-Afrika se internasionale betrekkinge geskaad nie. Ramaphosa het tydens die mondelinge antwoordsessie in die Nasionale Vergadering beklemtoon dat Suid-Afrika die soewereine verhoudings van ander […]
# Die president, Cyril Ramaphosa, sê die regering gaan binnekort ‘n nuwe ambassadeur na Amerika aanstel. In reaksie op vrae in die parlement, het Ramaphosa gesê die gekose kandidaat sal ervare wees, goed afgerond, en kennis hê van globale politiek en die Amerikaanse mark. Hy het aangedui dat verskeie aansoekers belangstelling getoon het, en die […]
# President Cyril Ramaphosa het parlementslede verseker die regering en Amerika bespreek die tariewe van 30-persent op plaaslike uitvoere. Ramaphosa het op mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering geantwoord. Hy sê Suid-Afrika werk daaraan om handel buite Amerika na Afrika, Latyns-Amerika, Asië en die Midde-Ooste uit te brei, terwyl plaaslike uitvoerders ondersteun word deur maatreëls […]
# Krieket: Die plofbare Protea-kolwer Dewald Brevis en sy T20-kaptein, Aiden Markram, is die vroeë wenners in die spelerveiling vir SA20 se vierde seisoen. Pretoria Capitals het 16,5-miljoen-rand betaal vir Brevis en Durban’s Super Giants 14-miljoen-rand vir Markram. Joburg Super Kings het Wiaan Mulder vir nege-miljoen-rand gekoop en Capitals het die Protea-draaibouler Keshav Maharaj vir […]
# Tygerberg-hospitaal herdenk Dowebewustheidmaand met pogings om dowes en gehoorgestremdes in die Wes-Kaap te ondersteun. Die hospitaal help kinders met gehoorverlies met vroeë opsporing en behandeling, verbeterde spraak, en sosiale vaardighede. Jenny Birkenstock van die hospitaal sê hulle kogleêre inplantingsprogram is die grootste in Suid-Afrika en het al meer as een-duisend pasiënte, insluitende babas en […]