# Die Regterlike Kommissie van Ondersoek, onder leiding van afgetrede Konstitusionele Hof-regter Sisi Khampepe, oor vermeende pogings om die Waarheid en Versoeningskommissie se ondersoeke te keer, oorweeg ‘n voorlopige tydrooster. Getuieverklarings en ander getuienis word teen 10 Oktober verwag, met mondelinge getuienis vanaf 10 November. ‘n Woordvoerder vir die WVK, Lionel Adendorf, sê die kommissarisse […]
# Die Gautengse Provinsiale Regering sal vandag in Sandton ‘n seminaar aanbied wat fokus op die rol van subnasionale en streeksvlakke van regering binne globale regerings. Die geleentheid sal stedelike uitdagings ondersoek, asook verkeersopeenhopings, behuising en oorstromings, terwyl klimaataksie, befondsingsmodelle en digitale transformasie ook bespreek sal word. Paneellede van die regering en Afrikalande, insluitend Namibië […]
# Rugby: Die voormalige kaptein, Richie MacCaw, het die All Blacks gemotiveer voor Saterdag se Rugbykampioenskaps-herontmoeting met die Springbokke in Wellington. Die gasheer sê hy wil sy spelpeil verhoog na verlede naweek se oorwinning. Nieu-Seeland is steeds onoorwonne op Edenpark sedert 1994 nadat hulle Suid-Afrika 24-17 geklop het. Die senter Quinn Tupaea, wat die wendrie […]
# Die Stad Kaapstad het meer as 700 pasgegradueerde Metropolisieoffisiere gewerf om misdaad in 93 wyke te bestry. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê elke wyk sal toegewyde wetstoepassers kry om buurtpolisiëring te versterk en stewiger bande met die SAPD en buurtwaggroepe te smee. Hy het aan SABC News gesê die inisiatief verteenwoordig ‘n groot belegging […]
# Brasilië se Hoogste Hof het met beraadslaging begin oor ‘n uitspraak in die staatsgreepverhoor van die voormalige regse president Jair Bolsonaro te midde van druk deur sy ondersteuners en die Amerikaanse president Donald Trump. Die hof se vyf regters het tot Vrydag tyd om uitspraak oor Bolsonaro te lewer. Die 70-jarige voormalige weermagoffisier kan […]
# Die lugvaart internet-tegnologie verskaffer, SITA, het ‘SITA Connect Fly‘ van stapel gestuur wat die hantering van passasiers sal moderniseer. Die stelsel vervang verouderde netwerke, verminder kostes, verhoog kuberbeskerming en verminder vertragings. Die stelsel is ten volle met SITA se inboek- en selfdoenstelsels geïntegreer, en maak vinniger en meer betroubare instapprosedures en beter vlugte moontlik. […]
# COSATU het sy voorstel oor die Wysigingswetsontwerp op Inkomstewette aan die Parlement se Gekose Komitee oor Finansies voorgelê. Die Wetsontwerp ondersteun die Twee-Pot Pensioenhervormings, wat vanaf September 2024 meer as 56-miljard-rand aan 3,5-miljoen werkers uitbetaal het. Matthew Parks van COSATU sê voorstelle sluit in, toegang tot volle spaargeld vir afgedankte werkers, belastingverligting vir lae-inkomsteverdieners, […]
# Krieket: Die Dolphins bied die naweek die eerste toernooi van die nuwe plaaslike T10-beker aan. Hulle sal met die Lions, die Titans en Westelike Provinsie meeding. Die Lions en WP pak mekaar Vrydag, terwyl die gasheer en die Titans sal kragte meet. Saterdag gaan al die spanne elk twee wedstryde speel om te bepaal […]
# Die Amerikaanse kleinhandelreus Walmart beplan om sy eerste handelsmerkwinkels in Suid-Afrika oop te maak. Dit volg ná sy groeiberaad waartydens Afrika-gebaseerde verskaffers gewerf is. Massmart se uitvoerende hoof, Miles van Rensburg, sê Walmart beoog om alledaagse lae pryse te bied en plaaslike verskaffers te ondersteun. Hy sê die bekendstelling sal werksgeleenthede en digitale inkopie-ervarings […]