# Die Stad Tshwane het motoriste gewaarsku oor aansienlike ontwrigting vandag wanneer die Botho Ba Rena Civil and Black Nationalist Forum na die Uniegebou opruk. Betogers dring aan op oplossings vir die Hammanskraal waterkrisis. Hulle sal tienuur vanoggend by Kgosi Mampuru- en Madibastrate bymekaarkom en dan met Madibastraat beweeg, om teen 2nm te verdaag. Belangrike […]
# President Cyril Ramaphosa het aan die Parlement gesê die eerste nasionale konvensie weerspieël die breë diversiteit van Suid-Afrika en baan die weg vir die nasionale dialoog. Ramaphosa het in sy antwoord op mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering verklaar dat afgevaardigdes nege sleuteltemas vir ‘n nasionale dialoog onderskryf het, insluitend werksgeleenthede, misdaad, korrupsie, onderwys, […]
# Die Portefeuljekomitee van die Gauteng Wetgewer oor Gemeenskapveiligheid is bekommerd nadat vyf misdaadvoorkomingsbewaarders Sondag in ‘n geweldadige aanval in Daveyton beseer is. Gewapende aanvallers, na bewering met hoëkaliber wapens waaronder ‘n AK-47, het op die bewaarders geskiet terwyl hulle op ‘n roetine patrollie was. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku het die dringende […]
# AfriForum het ernstige kommer uitgespreek oor die regering se voorneme om die Suid-Afrikaanse Vereniging van Omgewingsbeoordelingspraktisyns se mandaat tot na 2026 te verleng. Lambert de Klerk van AfriForum voer aan dat die vereniging sedert 2018 versuim het om nakoming af te dwing. Hy waarsku dat die verlenging die risiko van korrupsie vergroot en onderneem […]
# President Cyril Ramaphosa sê die bevordering van finansiële insluiting bly ‘n voorkeur nasionale prioriteit om ongelykheid te verminder en huishoudings en ondernemings te ondersteun. Ramaphosa sê hoewel Suid-Afrika ‘n wêreldklas finansiële sektor het, moet toegang tot befondsing verder uitgebrei word. Hy het bevestig alhoewel die Posbank nog nie aan die voorwaardes vir ‘n volle […]
# President Cyril Ramaphosa het die rol van adjunkministers verdedig, ten spyte van kritiek oor die hoë koste vir belastingbetalers. Ramaphosa het in die parlement gesê adjunkministers voeg steeds waarde by die regering se bedrywighede. Athol Trollip van ActionSA voer aan dat 42 adjunkministers verkwistende uitgawes is en op begunstiging neerkom. Ramaphosa het erken dat […]
# Die Department van Onderwys van Gauteng het bevestig dat ‘n graad 8 leerder van die Qalabotjha Secondary School in Vlakfontein, Johannesburg-suid, gisteroggend by die skool inmekaar gesak het en later dood verklaar is. Steve Mabona van die departement, sê sielkundige ondersteuning sal by die skool ontplooi word om leerders, personeel, en die bedroefte familie […]
# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, het erken daar gaan hitte-uitdagings wees tydens die wêreldkampioenskap wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Die land beleef sy warmste somer ooit, met gemiddelde temperature tussen Junie en Augustus wat 2,36-grade Celsius hoër as die normale vlakke is. Die temperatuur het gister tot 33-grade gestyg. Coe […]
# COSATU het Suid-Afrika se 0,8-persent groei in die bruto binnelandse produk tussen April en Junie 2025 met omsigtigheid verwelkom. Dit verteenwoordig ‘n styging vergeleke met die 0,1-persent tussen Januarie en Maart. Winste is in mynbou, handel en vervaardiging aangeteken, maar konstruksie het afgeneem. Die federasie waarsku die groei kan van korte duur wees as […]