# Die Parlement se Staande Komitee oor Toedelings doen ‘n beroep op dringende stappe en politieke wil om voldoende befondsing vir die Grensbestuursowerheid te verseker. Volgens die Departement van Binnelandse Sake maak die BMA se goedgekeurde organisatoriese struktuur voorsiening vir 11-duisend-115 personeellede. Slegs twee-duisend-566 poste is egter gevul. Tans is die BMA onderbefonds met meer […]
# SECTION27 wat Cancer Alliance verteenwoordig, het teleurstelling uitgespreek met die Gautengse Gesondheidsdepartement se appèl teen die onlangse uitspraak oor bestraling-kankerbehandeling. Die Gautengse Hooggeregshof het in Augustus bevind die departement se versuim om bestralingsdienste aan kankerpasiënte te lewer, is ongrondwetlik en het opdrag gegee dat die agterstand hanteer word. Salome Meyer van Cancer Alliance sê […]
# Die EFF het die Wysigingswetsontwerp op Verkiesings as ‘n privaatlid-wetsontwerp by die Parlement ingedien en gesê dit het tyd geword om die sistematiese uitsluiting van miljoene burgers van die demokratiese proses te beëindig. Die privaatlid-wetsontwerp poog om die Kieswet van 1998 te wysig om voorsiening te maak vir die outomatiese registrasie van alle Suid-Afrikaanse […]
# Die Withuis-perssekretaris, Karoline Leavitt, sê die Amerikaanse weermag het president Donald Trump in kennis gestel van Israel se aanval op Hamas in Doha, en hy het opdrag gegee dat Katar voor die aanval gewaarsku word. Israel het gister ‘n ongekende aanval teen Hamas-leierskap in Katar uitgevoer, wat ‘n sleutelbemiddelaar in die wapenstilstandgesprekke in Gaza […]
# Tennis: Die Davisbeker-wedstryd tussen Kanada en Israel sal die naweek in Halifax weens veiligheidsredes in ʼn geslote ruimte sonder toeskouers gespeel word. Dit volg nadat meer as 400 Kanadese atlete en akademici Tennis Kanada in ʼn brief aangeraai het om die geleentheid af te stel weens Israel se optrede in Gaza en die Wesoewer. […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 10 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Anglo American se samesmelting met die Kanadese kopermynmaatskappy Teck is een van die grootste mynboutransaksies in meer as ‘n dekade. Die aankondiging van die voorgestelde transaksie het Anglo se aandeel gister met soveel as 11-persent laat styg, sy grootste […]