# Die Vryheidsfront Plus sê die moontlike uitkomste van die nasionale dialoog moet teen deelname aan die nasionale konvensie gemeet word, en die uiteindelike toets sal wees of die probleme hanteer word. President Cyril Ramaphosa het gister vrae in die Parlement beantwoord en gesê die konvensie weerspieël die breë verskeidenheid in Suid-Afrika. Die VF Plus […]
# Die Kaapstadse polisie ondersoek sewe moordsake wat gister en eergister in Wallacedene en Eikendal aangemeld is. Die slagoffers was tussen 19- en 25-jaar oud. ʼn Polisiewoordvoerder, Wesley Twigg, sê in Wallacedene is drie vroue en twee mans in twee afsonderlike voorvalle dood. Hy sê die moontlikheid bestaan dat die voorvalle in Wallacedene en Eikendal […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, moedig leerders aan om hul stem te laat hoor as hulle sukkel met hul geestesgesondheid. Vandag is Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag met die tema, “Verandering van die diskoers oor selfdood”. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is selfdood ‘n groot openbare gesondheidsuitdaging wat elke jaar die lewens van meer as 720-duisend mense eis. […]
# Rugby: Die Springbok-agterspeler Ethan Hooker sê hy is tegelykertyd senuweeagtig en opgewonde, maar fokus net daarop om na die beste van sy vermoë te speel. Die 22-jarige speler draf Saterdag die eerste keer in die opdrafspan uit wanneer Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Wellington kragte meet. Hy was verlede week in Edenpark op die plaasvervangersbank. […]
# Die Stad Kaapstad het sy eerste deurry-fasiliteit vir die hernuwing van voertuiglisensies in Brackenfell bekendgestel. Die deurry-fasiliteit sal Maandae tot Vrydae van 11:30 vm. tot 19:30 nm. en op Saterdae van 11:00 vm. tot 14:30 nm. oop wees. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê aanvanklike toetse dui daarop dat die hernuwingsproses in die […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, moedig polisiebeamptes aan om beskikbare werknemersgesondheids- en welstandsdienste te gebruik om die geestelike en emosionele tol van hul veeleisende werk aan te spreek. Kwessies wat die welstand van SAPD-lede raak, sluit in geestesgesondheidskwessies, leefstylsiektes, dissiplinêre sake waarmee hulle te kampe het, en finansiële uitdagings. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, […]
# Die DA in Gauteng stel môre sy Erfenismaand-veldtog by die Walter Sisulu-plein in Kliptown, Soweto, bekend. Kingsol Chabalala van die party sê die veldtog wil beklemtoon dat erfenisterreine belangrik is vir werkskepping, die stryd teen korrupsie, beskerming van infrastruktuur en verbetering van dienste. Hy sê hulle sal ook met sake-eienaars en inwoners beraadslaag om […]