# Die Universiteit van die Vrystaat het die Good Money Habits-toepassing bekendgestel om ondernemings in die informele sektor en townships te ondersteun. Dit is deel van ʼn navorsingsprojek van die Sentrum vir Ontwikkelings-ondersteuning wat doeltreffende maniere ondersoek om informele ondernemings te ondersteun. Dit bied 15 kort video’s aan oor praktiese, dag-tot-dag finansiële bestuur vir township- […]
# AfriForum dring aan dat die Ouditeur-generaal en die Spesiale Ondersoekeenheid hul ondersoek na waterrade uitbrei sodat al sewe die land se waterrade ingesluit word. Dit volg na onlangse onthullings dat senior raadslede miljoene rand aan raadsfooie in hul sak steek − in sommige gevalle tot 100-duisend-rand per vergadering. Lambert de Klerk van AfriForum sê […]
# Die UnLearning-kinderstigting bied vanaand ʼn kersligseremonie aan op die Nelson Mandela-brug in Johannesburg ter herdenking van Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is selfdood ʼn groot openbare gesondheids-probleem wat elke jaar meer as 720-duisend lewens eis. Die stigting se voorsitter, Zanele Njapha, sê die geleentheid vereer diegene wat hulle eie lewens geneem het en maak mense […]
# Die regering het Israel se lugaanval in die Katarse hoofstad, Doha, veroordeel as onwettig en ongevraagd. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dit was absoluut geregverdig omdat senior Hamas-leiers geteiken is wat die aanvalle van 7 Oktober 2023 georganiseer het. Vyf Hamas-lede is dood. Chrispin Phiri van die Departement van Internasionale Betrekkinge en […]
# Die produsente Babylonstoren, die DE Rustica-landgoed en Mardouw-beleggings is sommige van die groot wenners van vanjaar se SA Olyftoekennings wat in Wellington in die Wes-Kaap gehou is. Dit plaas die kollig op olyfboere wat hulself toelê op die vervaardiging van premium-olies wat met die beste in die wêreld kan meeding. ‘n Paneel kenners het […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die moontlike uitkomste van die nasionale dialoog moet teen deelname aan die nasionale konvensie gemeet word, en die uiteindelike toets sal wees of die probleme hanteer word. President Cyril Ramaphosa het gister vrae in die Parlement beantwoord en gesê die konvensie weerspieël die breë verskeidenheid in Suid-Afrika. Die VF Plus […]
# Die Kaapstadse polisie ondersoek sewe moordsake wat gister en eergister in Wallacedene en Eikendal aangemeld is. Die slagoffers was tussen 19- en 25-jaar oud. ʼn Polisiewoordvoerder, Wesley Twigg, sê in Wallacedene is drie vroue en twee mans in twee afsonderlike voorvalle dood. Hy sê die moontlikheid bestaan dat die voorvalle in Wallacedene en Eikendal […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, moedig leerders aan om hul stem te laat hoor as hulle sukkel met hul geestesgesondheid. Vandag is Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag met die tema, “Verandering van die diskoers oor selfdood”. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is selfdood ‘n groot openbare gesondheidsuitdaging wat elke jaar die lewens van meer as 720-duisend mense eis. […]