# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal vir Toerisme, Zurab Pololikashvili, het aangekondig dat 100 studiebeurse aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel is om onderwys en vaardigheidsontwikkeling in die toerismesektor te verhoog. Hy het op die Toerisme-ontwikkelingsberaad in Kaapstad gesê dis daarop gemik om die jeug te bemagtig om te floreer in ‘n hoogs-mededingende bedryf en inklusiewe groei […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het Suid-Afrika se eerste Toerisme-beleggingsberaad in Kaapstad bekendgestel, met die doel om die sektor uit te brei. De Lille sê die beraad met projekte ter waarde van meer as een-miljard-rand beklemtoon toerisme se rol in ekonomiese transformasie en werkskepping. Sy het aan SABC News gesê projekte soos […]
# Krieket: Suid-Afrika se T20-kaptein, Aiden Markram, sê die SA20 gee meer spelers die geleentheid om hulle vaardighede ten toon te stel en die poel vir die nasionale span te vergroot. Die veelsydige speler, wat op gister se spelerveiling vir ‘n reuse-14-miljoen-rand aan Durban’s Super Giants verkoop is, het gepraat voor vandag se eerste T20 […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het sewe Chinese burgers tot 20 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan 158 uit die 160 aanklagte van ontvoering en gedwonge arbeid. Die groep is in 2019 in hegtenis geneem en het 91 Malawiese burgers, insluitend kinders, onwettig aangehou by hul sakeperseel. Regter David Mhango het […]
# Die jongste FNB en die Buro vir Ekonomiese Navorsing se bouvertroue-indeks toon bouers is steeds negatief, met vertroue wat van Julie tot September tot 35 punte gedaal het. Hoofkontrakteursvertroue het tot 46 punte gestyg, bourekenaars het met 12 punte gedaal, argitekte het met twee punte gedaal, subkontrakteurs het tot 37 punte gestyg, en hardewarekleinhandelaars […]
# Hongkongse wetgewers het ‘n wetsontwerp verwerp wat beperkte regte aan selfdegeslag-paartjies sou toestaan. Die streeksregering het wetgewing voorgestel wat sekere regte aan selfdegeslag-lewensmaats sou erken, maar slegs aan verbintenisse wat in die buiteland geregistreer is. LGBTQ-aktiviste het die beperkings afgekraak terwyl die voorstel bykans algehele kritiek van pro-Beijingse politici gekry het wat die Hongkongse […]
# Rugby: Die Springbok-Vroue legende, Sinazo Mcatshulwa sal Saterdag haar 42ste wedstryd vir die Springbokke speel wanneer hulle Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Vroue-wêreldbeker in Exeter, England, aandurf. Die span is sonder Chumisa Qawe wat geskors is nadat sy ‘n rooikaart teen Frankryk gekry het. Dit word verwag dat die span môre aangekondig word […]