# Swem: Die driemalige Olimpiese goue-medaljewenner, Adam Peaty, sê hy moet goed presteer op volgende jaar se Statebondspele in Glasgow as hy weer ‘n kans wil hê om uit te blink op die Olimpiese Spele in 2028. Die 30-jarige Engelsman het na verlede jaar se Spele in Parys ‘n blaaskans gevat ter wille van sy […]
# Minstens 20 KwaZulu-Natalse munisipaliteite is in gevaar om befondsing van die Nasionale Tesourie te verloor. Dit is weens die munisipaliteite se versuim om strategieë te ontwikkel om ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes te verminder en te voorkom. Van die munisipaliteite wat genoem word, is Impendle, Zululand, Jozini, Endumeni, Msunduzi en Newcastle. Die minister […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n ernstige waarskuwing vir die Wes-Kaap- en die Namakwa-streek uitgereik. Vlak-2 waarskuwings geld van middernag môre vir skadelike golwe en wind langs die kus. Stormsterk wind en deinings van tot ses meter hoog word tussen Kaap Columbine en Plettenbergbaai verwag en reën word ook voorspel. Die Weerdiens beveel aan dat […]
# Activists and Citizens Forum het die Valke versoek om die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstust, Tebogo Malaka, en woordvoerder Phasha Makgolane in hegtenis te neem. Daily Maverick het beeldmateriaal gepubliseer waar hulle die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh 60-duisend-rand kontant aanbied om ‘n korrupsie-ondersoek te staak. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, […]
# Die Vryheidsfront Plus het amptelik ʼn klagte by die Menseregtekommissie ingedien teen die aanbieders van die Open Chats-potgooi. Die uitsending het soos ʼn veldbrand op TikTok versprei nadat die aanbieders in ‘n episode aanstootlike en rassistiese opmerkings oor bruin mense gemaak het. Grant Marais van die VF Plus sê dis onaanvaarbaar dat mense op […]
# Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram verwelkom die goedkeuring van die derde fase van die Wêreldondersteuningsprogram vir Klimaatsdeursigtigheid. Die program wil ontwikkelende lande se vermoë verbeter sodat hulle die vereistes van die Deursigtigheidsraamwerk ingevolge die Paryse Verdrag kan nakom. Dit sal lande ook ondersteun om vordering teen hulle nasionale klimaatplanne te meet. Die program beskou […]
# ‘n Plaaslike hofsaak kan voortgaan teen ‘n man wat in Brittanje gesoek word vir 76 gevalle van die onsedelike aanranding van jong seuns. Die Streekhof in Wynberg, Kaapstad, het die gewese onderwyser aan Rondebosch Boys Preparatory, Iain Wares, se aansoek geweier om die aanklagte teen hom terug te trek. Landdros Vanessa Miki het bevind […]
# Die Stad Tshwane gaan veiligheidsoudits doen in brandpunte soos Watloo en Denneboom ná ʼn reeks geslagsgeweld-verwante moorde. Amptenare beplan om beligting en waarneming te verbeter, veral naby spoorwegstasies. ʼn Multidissiplinêre taakspan sal aangestel word om vinniger op sake te reageer en slagoffers te ondersteun. Die Departement van Gemeenskapsdienste en Maatskaplike Ontwikkeling sê Mamelodi en […]