Skip to content

Landdros wat die saak van polisie-misdaadintelligensiebaas Dumisani Khumalo aanhoor, onttrek homself

# Die hooflanddros van die Pretoriase Streekhof, Vusimuzi Mahlangu, wat die saak teen die hoof van die polisie se misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, aanhoor, het homself onttrek. Dit volg nadat hy gedagvaar is om voor die Madlanga-kommissie te getuig. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het aan die kommissie gesê die borgtogvoorwaardes wat Mahlangu aan Khumalo en sy medebeskuldigdes opgelê het, was buitensporig en ontwrigtend vir die werking van die polisiediens. Die Teen-korrupsieondersoekdirektoraat sê ‘n nuwe landdros sal vandag die saak oorneem.