# Die DA het tydskale aangevra om die afdanking- en skorsingsake in die staatsdiens op te los. Dit volg nadat die Departement van Landbou in Mpumalanga beveel is om twee amptenare weer aan te stel en om hulle 21-miljoen-rand in agterstallige salarisse te betaal. Die amptenare is in 2009 afgedank, maar die Arbeidshof het bevind dat die afdankings wesenlik onregverdig was. Tersia Marshall van die DA voer aan dat sulke sake ingevolge die West op die Staatsdiens binne drie maand, afgehandel moet word, om duur vertragings en vermorsing van belastingbetalergeld te voorkom.
Landbou-departement aangesê om werknemers wat in 2009 afgedank is, weer aan te stel