Skip to content

Lamola sê Ghana se besluit om xenofobiese aanvalle na AU te verwys is betreurenswaardig

# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika vind Ghana se besluit betreurenswaardig, om xenofobiese aanvalle en kommer oor onreëlmatige migrasie na die Afrika-Unie te verwys. Ghana het ‘n debat versoek tydens die Afrika‑unie se halfjaarberaad in Kaïro, Egipte volgende maand, oor wat hulle noem xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika deur Afrika-nasionaliste. Die minister sê egter indien die AU dit gepas ag om dit op die agenda te plaas, sal Suid-Afrika ook ‘n agendapunt voorstel, oor die dryfkragte van migrasie.