# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Afrika moet ophou om net onverwerkte grondstowwe te verskaf. Lamola het tydens die derde G20 vergadering van Sherpa-afgevaardigdes gevra vir ‘n kritieke mineraalraamwerk om veredeling, nywerheidsgroei en werkskepping te bevorder. Lamola moedig ook samewerking aan tussen die Globale Noorde en Suide vir billike ontwikkeling. Hy beklemtoon die omskakeling van minerale na plaaslike waarde sal ekonomiese bemagtiging, volhoubaarheid en ‘n regverdige globale ekonomiese stelsel meebring:
Lamola sê Afrika moet waardetoegevoegde produkte uitvoer, nie net onverwerkte minerale nie [KLANK]
ENG-LamolaOnMinerals