Skip to content

Lagarde sê Amerikaanse Federale Reserweraad se verlies aan onafhanklikheid sal ernstige gevaar inhou

# Die hoof van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, het gewaarsku indien president Donald Trump die onafhanklikheid van die Amerikaanse Federale Reserweraad sou ondermyn, dit ‘n baie ernstige gevaar vir die wêreldekonomie sal inhou. Die Federale Reserweraad se taak is hoofsaaklik om werk te bevorder, pryse stabiel te hou en rentekoersbeleide in te stel. Trump het herhaaldelik gesê hy wil verlagings in rentekoerse hê om ekonomiese groei te bevorder en sy regering se leenkoste te verlaag. ‘n Verlaging word later hierdie maand verwag.