# Die KwaZulu-Natal LUR van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het die taakspan wat politieke moorde ondersoek geloof, en gesê hulle het die openbare vertroue herstel na die skuldigbevinding van die Richmond-huurmoordenaar, Sabelo Phewa. Phewa is twee lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord in 2017 op Richmond munisipalebestuurder, Sibusiso Sithole en die sakeman, Amos Ngcobo. Senzelwe Mzila van die departement sê die span se werk wys geregtigheid word bedien en ‘n streng boodskap word uitgestuur oor geweld wat polities gemotiveerd is:
KZN LUR loof taakspan dat hy openbare vertroue herstel het na skuldigbevinding van Richmond-huurmoordenaar [KLANK]
ENG MzilaOnRichmondConviction