# Eskom het ʼn belangrike mylpaal in ‘n reuse-infrastruktuurprojek bereik met die aansluiting van Kusile-kragstasie se laaste eenheid by die nasionale kragnetwerk. Eenheid ses sal 800 megawatt by die netwerk voeg. Kusile se susterprojek, Medupi-kragstasie, se eenheid vier sal die einde van die maand weer by die netwerk gevoeg word. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê Kusile se eenheid ses sal oor die volgende ses maande uitgebreide toetse ondergaan en aangepas word voordat dit kommersieel funksioneer:
Kusile-kragstasie se laaste eenheid voeg 800 megawatt by netwerk [KLANK]
ENG MokwenaOnKusile