Skip to content

Kubayi vol vertroue dat Bushiri spoedig uitgelewer sal word [KLANK]

# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016. Kubayi het teenoor Newzroom Afrika bevestig dat die regering in die finale stadium is met die proses om te verseker dat Bushiri na Suid-Afrika terugkeer sodat die reg sy gang kan gaan:

ENG-KubayiOnBushiri