Skip to content

Kroeguitsmyter aangekla van dubbel-moord in Mamelodi-Oos laat vaar sy borgtog-aansoek

# Die kroeguitsmyter wat aangekla word van die moord op twee niggies in Mamelodi-Oos in Pretoria, Tebogo Mnisi, het sy borgtog-aansoek laat vaar in die plaaslike Landdroshof. Tshiamo en Baleseng Moramaga is albei in die kop geskiet. Die 38-jarige Mnisi staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade, poging tot moord en die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie. Hy is gister in hegtenis geneem. Die hof het gehoor hy het geen vorige veroordelings of uitstaande sake teen hom nie. Die saak hervat op 19 Januarie.