Skip to content

Krieket: Trevor Manuel is voorsitter van reëlingskomitee vir 2027 se Wêreldbekertoernooi

# Krieket: Die voormalige minister van Finansies, Trevor Manuel, is aangestel as voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee van 15 lede vir 2027 se mans-Wêreldbekertoernooi. Die toernooi sal gesamentlik deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië aangebied word. Dit is die eerste eendag-Wêreldbekertoernooi in die streek sedert 2003. Ander lede op die komitee is Phumzile Mlambo-Ngcuka, Ravi Naidoo en Johannes Adams. Manuel beskryf die toernooi as ‘n nasiebou-geleentheid, met 44 wedstryde wat in Suid-Afrika gaan plaasvind en tien in die buurlande.