Skip to content

Krieket: Pakistanse Superliga na VAE verskuif weens spanning op grens met Indië

# Krieket: Die agt oorblywende wedstryde van die Pakistanse Superliga is na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif weens die toenemende spanning op die grens met Indië. Minstens 31 burgerlikes is dood en 46 gewond toe Indië Woensdag missielaanvalle uitgevoer het in Pakistan en dele van Kasjmir wat deur Pakistan geadministreer word. Volgens berigte het een hommeltuig nie reg gevuur nie, wat ‘n ontploffing naby die Rawalpindi-krieketstadion veroorsaak het. Die PSL se organiseeders sê hulle wil baie graag die toernooi voltooi, maar spelers se veiligheid word vooropgestel.