# Krieket: Die voormalige Bangladesj een-dagkaptein, Tamim Iqbal, het sy bewussyn herwin en praat met gesinslede nadat hy ‘n ernstige hartaanval gehad het tydens ‘n binnelandse wedstryd. Volgens AFP is die 36-jarige-speler hospitaal toe geneem nadat hy ernstige borspyn ervaar het. Hy het ‘n operasie ondergaan waartydens stents in sy verstopte are geplaas is. Iqbal het van 2007 tot 2023 in 391 wedstryde vir Bangladesj in verskeie formate deelgeneem en meer as 15-duisend lopies aangeteken. Hy is die enigste Bangladesji wat honderdtalle in al drie internasionale formate aangeteken het.
Krieket: Oud-Bangladesj-krieketkaptein Tamim Iqbal herstel na hartaanval